|
Jou rekenaarstelsel bevat
belangrike data.
 |
In jou besigheid is die inligting
krities vir jou sake. |
 |
Op jou persoonlike rekenaar is daar
waardevolle herinneringe en private inligting. |
 |
Jy mag dalk 'n goeie besigheid hê,
maar potensiële kliënte kan nie (voldoende) inligting
daaroor vind op die Internet nie. |
Verbeter jou
rekenaarstelsel in betroubaarheid, sekuriteit, effektiwiteit en
voordeel uit die belegging.
Ons lewer talle dienste
om jou waardevolle data te beveilig, tyd en geld te spaar, jou
produktiwiteit te verhoog, of jou kliënte op die Internet voldoende
in te lig oor jou produkte en dienste.
Konsultering en
Sagteware Ontwikkeling
Ons Ontwerp en Ontwikkel
spesiale toepassings (programme), vir jou rekenaar, bediener,
intranet of Internet. Ons kan voltydse of deeltydse ontwikkeling
lewer, op die perseel of andersins.
Ontwikkelings-omgewings
en -produkte sluit in (gedeeltelike lys):
Databasisse: Oracle, MS SQL Server, MySQL, PostgreSQL, ens
Tale: Microsoft Ontwikkelings-tegnologieë, insluitende .NET, C#,
VB.NET, ens
Web-ontwikkeling: ASP.NET, PHP, IBS (Inhoud-Bestuurstelsel)
("Content Management System"), HTML, Javascript, XML, Webwerf
Soekenjins, ens
Opgraderings
'n Verskeidenheid van
voortreflike ondersteuningsprogramme is beskikbaar om jou stelsels
te verbeter. In baie gevalle is hierdie programme oopbron (die kode
is beskikbaar) en kan gebruik word sonder lisensiefooie, sonder
aktivering, sonder registrasie. Dit mag dan ook wettiglik op 'n
aantal rekenaars geïnstalleer word, sonder om enige maatskappy in
kennis te stel. Nietemin word almal goed ondersteun deur
ontwikkelaarsgemeenskappe en gereelde opgraderings en weergawes. In
baie gevalle werk hierdie sagteware uitstekend selfs op ouer
hardeware, vir benutting met rekenaars wat andersins vervang of
weggegooi sou word. (Dit is interessant om te weet dat Google op
oopbron-kode bedryf word. Dit word beraam dat die gebruik van Linux
onder die 14 grootste beleggingsmaatskappye in Wallstraat, hierdie
jaar meer as 72% van die geïnstalleerde bedienerbasis gaan bereik.)
Hierdie toepassings dek
die volle spektrum van rekenaarbehoeftes. 'n Kortlys van gewilde
sagteware sluit in:
 |
Virtuele Masjiene om
funksionaliteit te konsolideer of verenig, met behoud
van afsonderlike omgewings en bedryfstelsels, of om
verouderde toepassings te ondersteun. |
| |
|
|
| |
• |
Virtuele masjiene kan
gebruik word vir jou werkstasie of bediener. Dit is
prakties moontlik om 2 of 3 virtuele masjiene op 'n
tafel- of skootrekenaar te gebruik, met nog meer op 'n
bediener. Verskeie virtuele masjiene kan dus op een
fisiese rekenaar loop, met almal dieselfde of
verskillende bedryfstelsels. Verskillende weergawes van
Windows, Linux, DOS, Novell Netware en Sun Solaris kan
tegelyktydig op een masjien loop. Gewoonlik verkies
kliënte Linux as die hoofplatform, vir die stabiliteit
en prys (kan jy gratis klop?), sowel as die vermoë om
vinniger 64-bis sagteware (op hul hardeware wat daartoe
in staat is) te gebruik, teen geen ekstra koste. |
| |
|
|
| |
• |
Jou besigheid het dalk 'n
aantal ouer programme, wat net loop op ouer
bedryfstelsels, soos Windows NT, Windows 98/95, Windows
3.1/3.0 of selfs DOS. Jy wil nie die sagteware vervang
nie, maar die ouer hardeware is problematies of besig om
in te gee. As hierdie programme na virtuele masjiene
geskuif word, gaan hulle waarskynlik heelwat vinniger
loop. |
| |
|
|
| |
• |
Jy het 'n aantal
installasies op fisiese bedieners, maar hulle is meestal
onder ligte las. Jy kan die behoeftes vir hardeware,
energiekoste en fisiese ruimte verminder, met dieselfde
sagteware in virtuele bedieners op 'n kleiner aantal
fisiese masjiene, terwyl die sagteware nog steeds
onafhanklik loop, soos op aparte hardeware. |
| |
|
|
| |
• |
Virtuele masjiene kan
geskuif of gekopiëer word van een fisiese masjien na 'n
ander, sonder herinstallasie. |
| |
|
|
 |
Outomatiese Rugsteun of
Reserwekopie (backup) vir Windows en Linux, met beheer
vanuit jou snuffelprogram (browser). Die data kan vanaf
plaaslike masjiene gekopiëer word, of selfs veilig oor
die Internet. Een geval het tans 16 TB (TeraBytes) se
hoeveelheid data, wat in slegs 340 GB (GigaBytes) gebêre
word. Die reserwekopie kan op een hardeskyf gehou word,
met 'n identiese kopie van die data op 'n tweede
hardeskyf vir ekstra voorsorg, wat te enigertyd verwyder of weer verbind kan
word. Die skywe kan ook geënkripteer word, om te
verhinder dat jou kritiese en vertroulike inligting in
die verkeerde hande val. |
| |
|
|
 |
Gevorderde
Epos-bediener beveiliging, wat gemorspos drasties
verminder na so te sê nul, nog voor dit jou posbediener bereik. Dit
voorkom ook misbruik van jou posbediener deur
ongemagtigde partye. Jy kan dit saam met jou huidige
bediener gebruik, al is dit MS Exchange, Postfix, Exim,
ens. Antivirus beskerming, Sender-bevestiging,
gemorsposbeheer, Bayesiaanse filters, swartlysting, witlysting, beheer met
web en epos, is maar 'n paar van die talle eienskappe
beskikbaar. Dit kan 'n plaaslike of 'n afgeleë
installasie wees. |
| |
|
|
 |
Betroubare
Lêerbediener vir Windows en Linux. Hierdie
Linux-gebaseerde sagteware is vinnig, nie kwesbaar vir
virusse en mag ook nog vir talle ander funksies gebruik
word op dieselfde hardeware. Daar is geen bediener- of
kliënt-lisensiefooie nie. |
| |
|
|
Ons kan hulp verleen, op
of weg van jou perseel, plaaslik of oor 'n afstand. Baie van ons
dienste kan enige plek in die wêreld, via die Internet, gelewer
word. Ons is tans gebaseer in Calgary, Alberta, Kanada.
Vir meer inligting oor
hierdie en ander dienste,
doen gerus navraag. |