| |
|
 |
| |
Thanksgiving in Canada
October
13
Second Monday in October
Thank you God for the
blessings
of an abundant harves
For more information:
|
 |
| |
|
 |
| |
Alaska
18 Oktober 1867
Amerika koop Alaska van
Rusland vir 7.2 miljoen dollar (ongeveer 2c
per akker) Tien jaar later is daar 'n
versoek van daardie kontrei vir 'n goeie
herder. Sheldon Jackson, antwoord die beroep
en beywer hom vir beter wette en die bou van
skole en kerke in hierdie uitgestrekte
gebied.
|
 |
| |
|
 |
| |
Hervormingsdag
31 Oktober
In Oktober 1517
verklaar Martin Luther sy 95
leerstellinge. Dit was een van die
belangrikste gebeure wat sou lei tot die
Protestantse hervorming.
Hy vertaal in die 16de eeu
die Bybel in Duits, omdat hy glo dat elke
mens die geleentheid moet kry om self die
Woord van God te lees en te bestudeer, in sy
eie moedertaal. Sy eerste uitgawe van die
vertaling van die Nuwe Testament in Duits
verskyn in September 1522. Hierdie werking
van God in Luther se lewe en besluite, sou
uiteindelik ook lei tot die Bybel in
Afrikaans in 1933.
Meer inligting:
|
 |
| |
|
 |
| |
Galileo Galilei
31 Oktober 1992
31 Oktober 1992 sou een
van die finale notas wees in die werkboek
van Galileo. Galileo Galilei was deur die
Rooms Katolieke Kerk veroordeel, omdat hy
geglo en verklaar het dat die son, en nie
die aarde nie, die middelpunt van ons
sonnestelsel is. In 1633 was so 'n gedagte
ongehoord en was skerp veroordeel deur die
Roomse kerk wat aan bewind was in daardie
tyd. Pous Johannes Paulus II (huidige hoof
van die Rooms Katolieke Kerk) erken formeel
op 31 Oktober 1992, dat die kerk gefouteer
het in die saak teen Galileo.
|
|
| |
|
 |
| |
Gebeure in komende maande
Ons hoor graag van kerk- of ander Christelike organisasies se funksies wat beplan word
vir die komende maande.
Ons aanvaar nou gebeure vir die maande
Oktober tot Desember 2008,
asook Januarie en Februarie van 2009.
Onthou Oktobermaand is tradisioneel Dankie-sê
maand vir dominees en ander geestelike leiers en hul gesinne. Sulke
dankie-sê boodskappe is ook welkom vir plasing in ons
Gebeure-afdeling.
|
|
| |
|
 |
| |