Israel 2011 Sakpastoer!

Israel saam met Hessel en Etresia van
der Walt
Vertrekdatum: 27 April 2011
(O)-Ontbyt (A)-Aandete (*)-Ete aan boord die
vliegtuig
Dag 1: Woensdag, 27 April
JOHANNESBURG – KAÏRO
Ontmoet mekaar om 18:45 by die Egyptair toonbank in die Internasionale
vertreksaal van die Johannesburg se Internasionale Lughawe. Vertrek om 21:45
met Egyptair vlug MS840 na Kaïro. Oornag aan BOORD (A*)
Dag 2: Donderdag, 28 April
KAÏRO – TEL AVIV – CAESAREA – KARMEL –
TIBERIAS
Stryk vroegoggend in Kaïro neer en sluit aan by die vlug na Tel Aviv, wat om
09:30 vertrek. Met die aankoms om 10:10, word u ontmoet om per luukse toerbus
na Caesarea te vertrek. In Caesarea onderneem ons 'n uitgebreide toer van
die terrein. By die heuwel van Megiddo het ons 'n mooi uitsig oor Armageddon
(die Jisreëlvlakte). Besoek die berg Karmel waar Elia die Baälpriesters om
die lewe gebring het. In Nasaret besoek ons Nazareth Village. Aandete en
oornag by ons hotel in NASARET (O*)(A)
Dag 3: Vrydag, 29 April
GALILEA-OMGEWING – NASARET
Ontbyt word in u hotel bedien. Onderneem 'n bootvaart op die See van Galilea,
met geleentheid vir 'n kort oordenking. Bring besoek aan die Boot-museum.
Reis verder na die Berg van Saligsprekinge, waar die bergpredikasie gelewer
is. Besoek die Kerk van Saligsprekinge en Kapernaum. Besoek Mensa Christi en
sluit die dag af by Yardenit, die tradisionele doopplek in die
Jordaanrivier. Aandete en oornag by die hotel in NASARET (O)(A)
Dag 4: Saterdag, 30 April
BETH SHEAN – JERIGO – DOOIE SEE
Ontbyt word in ons hotel bedien. Ons eerste stop is Beth Shean. Kies dan
koers na die suide en reis in die rigting van die Dooie See. By Jerigo sien
ons die Vyeboom van Saggeus, Elisa se fontein en die bouvalle van die ou
stede. Besoek die berg van versoeking per kabelspoor. Ry op die roete verby
Qumran, waar die Dooie See-boekrolle in 1947 ontdek is. Reis verder na die
Dooie See, die laagste plek op aarde. U het geleentheid om letterlik "op"
die water te dryf. Geniet aandete en oornag naby die DOOIE SEE (O)(A)
Dag 5: Sondag, 1 Mei
MASSADA – BEDOEÏENE-TENT
Besoek vandag die bergvesting Massada, waar u per kabelspoor na die kruin
geneem word. Vanaand word ons deel van 'n Bedoeïene-ervaring in die Woestyn.
Aandete en oornag in die BEDOEÏENE-TENT (O)(A)
Dag 6: Maandag, 2 Mei
BETLEHEM – JERUSALEM
Vertrek vanoggend na Betlehem. Reis na Jerusalem en vertoef op die berg
Scopus, vanwaar ons 'n indrukwekkende uitsig oor Jerusalem het. Ons toer van
Jerusalem begin by die Olyfberg, vanwaar u 'n pragtige uitsig oor die Ou Stad
en die tempelterrein het. Besoek die Tuin van Getsemane. Die "Kerk van alle
Nasies" is in hierdie tuin geleë, waar verskeie Olyfbome vandag steeds groei.
Besoek die Stad van Dawid, met die Bad van Siloam en Hiskia se tonnel.
Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)
Dag 7: Dinsdag, 3 Mei
JERUSALEM
Begin die dag by die huis van Kajafas, bekend as Peter in Gallicantu. Bring
besoek aan die klaagmuur en onderneem 'n toer van die ondergrondse tonnels.
Onderneem 'n toer te voet van die Via Dolorosa, met die Bad van Bethesda en
St Anne se kerk as van die hoogtepunte. Sluit toer af by die Tuingraf.
Nagmaal word by die tuingraf bedien. Kort besoek aan die Yad Vashem
gedenkmuseum. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)
Dag 8: Woensdag, 4 Mei
JERUSALEM
Dag vry om die Ou stad van Jerusalem saam op eie stoom te verken. Aandete en
oornag by ons hotel in JERUSALEM (O)(A)
Dag 9: Donderdag, 5 Mei
JERUSALEM – KAÏRO
Oorplasing na die lughawe vir die vlug wat om 11:00 na Kaïro vertrek. Met
die aankoms om 12:10 word u ontmoet vir 'n besoek aan die "Kerk op die
Ashoop". Besoek vervolgens die drie belangrikste piramides, nl. Cheops,
Kephron en Mykorinos. Sien die Sfinks en die Tempelvallei. Aandete in Kaïro.
Laataand-oorplasing na die lughawe vir die vlug na Johannesburg. Oornag aan
BOORD (O)(A)
Dag 10: Vrydag, 6 Mei
JOHANNESBURG
Stryk net na ontbyt om 07:35 op die Johannesburg se Internasionale Lughawe
neer; ryk aan herinneringe en verryk in die gees. Eendag maak ons weer so!
(O *)
TOERPRYS: R16 995 per persoon
saamgestel teen R7,50 = USD1
Lugreisgeld: R5 650 Landreëlings: R11 345 / US$1 513
Toerprys is bereken op 48 passasiers wat saamreis
| INGESLUIT BY DIE
BASIESE TOERPRYS: |
| |
|
 |
Ekonomiese klas retoer lugreisgeld met Egyptair vanaf Johannesburg, insluitend
lughawebelasting en brandstofheffing |
| |
|
 |
Lughawe/hotel retoer oorplasings |
|
|
 |
Etes soos per
program: (O)- Ontbyt (M)-Middagete (A)-Aandete |
| |
|
 |
Toeristeklas "Budget"
akkommodasie - sakpastoer |
| |
|
 |
Engelssprekende toergidse |
| |
|
 |
Luukse Busvervoer |
| |
|
 |
Besigtigingstoere en ingangsfooie
soos per program |
| |
|
 |
Fooitjies aan toergidse,
busbestuurders, hotelpersoneel en portiere |
| |
|
NIE INGESLUIT:
• Enkelkamer (Opsioneel US$58 per nag)
• Opsionele reisversekering (kontak ons kantoor)
Vir nadere besonderhede en 'n volledige
brosjure,
kontak Hessel by 082 774 8643 of Etresia by 082 457 7747
Skematiese uiteensetting van die
reisplan

Kliek duimnael vir groter weergawe
Tel: 082
774 8643 of 082 457 7747 |
Faks: 086
692 1631 |
|