Toer na Israel
Baie unieke geleentheid
Toer saam na Israel en Egipte van 2 tot 11 Oktober 2010.
Deel in die Gala Gospel-aand in Jerusalem waarby o.a. Manuel Escorcio, Rina
Hugo, Hessel van der Walt en ander geliefde sangers optree!
Tydens die Gala Gospel-aand sal Angus Buchan die Woord
bedien en tydens die oornag in die woestyn, Dr. Izak Burger.
Stuur 'n navraag aan Johan wat met graagte meer volledige
besonderhede sal epos.
|
 |
Tankwa Nasionale Park
Pragtige natuurskoon
Wil u graag meer te wete kom van die Tankwa Nasionale park
en die Little Canyon Staproete in die Calvinia-omgewing? Besoek gerus die
webwerf van die
skilder uit die Hantam-kontrei, Marie
Smith. By haar webtuiste sal u oa foto's vind van haar
unieke en pragtige skilderwerke. Aanvullend is daar ook oulike inligting oor
interessante besienswaardighede vir besoekers en toeriste, soos die Hantamhuis en
die Calvinia Museum. Dan en wan ook resepte.
|
 |
| |
|
 |
| |
Bybels vir Aflaai
Maklik en byderhand
Talle Bybels in verskeie tale (insluitend Afrikaans),
sowel as kommentare, oordenkings, kaarte, ens. om GRATIS
af te laai. Uitstekend vir Bybelstudie, daaglikse oordenkings,
huisgodsdiens, naslaanwerk en geesverrykende leesstof.
Vir meer inligting
sien
Bybels |
 |
Kaleidoskoop
Konsepte onder bespreking
Kaleidoskoop bied enkele gedagtes oor
verskeie konsepte, waarmee Jan Alleman daagliks te doene kry. 'n Lys van
Bybelboeke is ook beskikbaar.
|
 |
| |
|
 |
| |
Apies, Voëls en Reptiele
Ongewenste diere
Linda en Billy Vos ontvang met graagte
ongewenste apies, reptiele (insluitend slange) en voëls by hul sentrum te Wolmer in
Pretoria-Noord. Ja, selfs rotte of muise en hamsters vind by hulle 'n tuiste.
Hulle het 'n rehabilitasie-sentrum vir sulke diere. Advies en enige items
wat hulle kan gebruik vir die diere sal met graagte ontvang word.
Belangstellende borge is ook welkom om hulle
te kontak. Dit sal wonderlike wees as u die diere kan aflaai, maar daar is
'n fiets wat ons kan gebruik vir die afhaal van items of diere, as dit in
die omgewing is.
Tel:
082 760 1827, 076 946 1687 of
012 546 4082 |
|
.jpg)
Ondersteun asseblief hierdie span. Ieder en
elk word vriendelik uitgenooi om hulle te besoek. |
| |
|
 |
| |
Spyseniering met 'n
Verskil!
Maak 'n feesmaal van enige geleentheid
Ek woeker met die talente wat God my gegee
het. Ek kan kook en beplan en interessante feesmale voorsit vir enige
geleentheid en ook vir spesiale geleenthede, soos byvoorbeeld troues,
verjaardae, doopfunksies, spesiale onthale of feesvierings, byeenkomste,
groepe of kampe. Pryse en volledige spyskaarte word op behoeftebepalings
gedoen. Die spysenieringsdiens is beskikbaar in die Brits-, Hartbeespoortdam- en
Pretoria-omgewings. Ander areas word ook oorweeg op spesiale versoek.
Verwysings is beskikbaar op aanvraag.
Tel:
076 406 0457 |
|
Kontak my vir 'n gratis kwotasie om
by jou behoeftes te pas!

Navrae
Tel:
076 406 0457 |
| |
|
 |
| |
Kindervermaak en stokperdjies
Is u 'n kunstenaar of
sommer net 'n amateur wat kindervermaak met goeie smaak aanbied? Poppeteater of sang? Dalk
bied u kuns-, musiek- of balletklasse of ander stokperdjieklasse aan vir kleuters of
kinders. Laat dan gerus van u hoor. Skole, kleuterskole, kerk-organisasies, ens. is ook
welkom om vir ons te laat weet as daar oulike verrigtinge vir die jongspan in die kontrei
plaasvind. Of dit nou 'n eenmalige gebeurtenis is soos 'n kermis of fees, of op gereelde
basis plaasvind. Vul asseblief ons
GRATIS advertensie
aansoek in met die nodige inligting. |
 |
| |









































|