|

Kliek foto vir groter weergawe
Belowende Roeier
Borgskap gesoek vir belowende roeier
 |
GPS (Global
Positioning System) |
Daar word tans gesoek na borgskappe vir Ruan
Knobel, 'n belowende roeier. Ruan is 14 jaar oud en is tans in graad 8 in
die Hoërskool Punt te Mosselbaai. Hy is lid van die Outenikwa Kanoklub op
George.
Hy het in Augustus 2004 begin deelneem aan
kanovaart, aangesien hy vanweë probleme met sy knieë nie aan kontak- en
hardloopsport kon deelneem nie.
Hy het reeds in sy eerste kompetisie getoon
dat hy groot potentiaal as roeier het. In sy eerste WP (na 6 maande se roei)
en SA kompetisies bewys hy met sy pragtige prestasies dat daar 'n belowende
toekoms vir hom in snelroei en langafstande is. Vir 'n volledige lys van sy
uitmuntende roeiprestasies, kyk na sy Roeiprestasies.
Borgskappe om Ruan te help met sy
oefenprogram en om deel te kan neem in toekomstige kompetisies, sal van
groot waarde vir hom wees. Ruan kan tans slegs drie keer per week op die
water kom om te oefen, terwyl die twee seuns, wat tans sy enigste kompetisie
in die land is, ses keer per week oefen.
Ruan oefen gereeld op die Klein Brakrivier,
en het die hele jaar op sy eie, sonder enige afrigting of roeiprogram,
geoefen. Dit maak sy prestasie tot dusver des te meer merkwaardig.
Hy is die beste in die OP en WP, en tweede
beste in die land. Hy het die seun wat eerste gekom het verlede jaar, ver
geklop en kan dit steeds doen, as hy genoeg geleentheid kry om te oefen en
professionele afrigting kan bekom.
Die wenner van vanjaar het 'n Hongaarse
afrigter, wat aan die Olimpiese Spele deelgeneem het, en wat deur die SA Kano-unie aangestel is. Daar is drie van hierdie afrigters in die land. Dit is
baie belangrik dat Ruan by so 'n afrigter uitkom (daar is een in Kaapstad),
om hom die regte leiding te gee.
Rivierkano: Ons het tans dringend borgskappe nodig om vir Ruan die beste geleenthede te
gee. Hy het tans 'n snelroei-kano wat nie juis geskik is vir riviere nie,
aangesien dit van koolstofmateriaal vervaardig is wat nie harde stampe kan
verduur nie. Hy moet dus probeer om 'n rivierkano te bekom om op
riviere te kan roei. Dié soort kano's is duur. 'n Intreevlak-kano kos
ongeveer R5500.
Roeimasjien: Die tweede belangrike item is 'n roeimasjien wat 'n snelroei-nabootser is.
So 'n oefenapparaat is belangrik, omdat Ruan nie die geleentheid het om meer
as drie keer per week op die water te kom nie. Dit sal daardie probleem
oplos. Dit is egter 'n gesofistikeerde masjien wat sy roeistyl bevorder en
nie benadeel nie. Dit het ook elektronika wat die afstand en tyd waarin hy
die afstand roei, aandui. So 'n roeimasjien kos egter R15000.
GPS:
Nog 'n bykomende artikel wat nie absoluut
noodsaaklik is nie, maar wat feitlik al die kompeterende roeiers gebruik, is
'n GPS (Global Positioning System), wat hul afstande en tyd op die water vir
hulle aandui. Meeste van die tyd moet Ruan raai watter afstand hy geroei
het. Dit beteken dat hy ook nie korrekte snelhede en tye vir die verskillende
standaard-afstande
kan meet nie. 'n GPS sal om daardie rede 'n groot hulpmiddel wees.
Afrigter:
Daar is verder ook finansiele steun nodig om Ruan by 'n professionele
afrigter in die Kaap te kry. Ruan en sy vader het al ongeveer 6000km in die
afgelope maande gery om hom by verskillende kompetisie te besorg.
Borgskappe vir hierdie besondere
presteerder
Ons wil vra of u nie sal oorweeg om aan Ruan
'n borgskap toe te staan, sodat ons vir hom die beste moontlike geleenthede
kan bied om die boonste sport in Kanovaart te bereik nie.
Ons verwelkom navrae, voorstelle en
kommentaar. U hulp sal met groot waardering en dankbaarheid aanvaar word.
 |
Tel: 044 691 2244 of 084
361 3539 |
Roeiprestasies
Ruan het tot op datum die volgende prestasies
behaal:
 |
2005 Silwer Victor Ludorum Westelike
provinsie Snelroei Kampioenskappe (o/12) |
| |
2005 SA Skole snelroei
Kampioenskappe: |
 |
2000m brons medalje |
 |
1000m silwer medalje |
 |
500m silwer medalje |
 |
Victor Ludorom Brons |
 |
2006 WP Snelroei Kampioenskappe:
Victor Ludorum Goud (o/14 eerste jaar) |
 |
2006 SA Skole Snelroei Kampioenskappe |
 |
1000m brons medalje |
 |
500m silwer medalje |
 |
200m silwer medalje |
 |
2006 Aslo Burgermeesterstoekening -
verwerf medalje as een van 3 beste sportpresteerders in
laerskole sportman van die jaar afdeling. |
 |
2007 WP Skole Snelroei
Kampioenskappe: Victor Ludorum Goud (o/14 Tweede jaar) |
 |
2007 SA Skole Snelroei
Kampioenskappe: |
 |
3000m brons medalje |
 |
1000m silwer medalje |
 |
500m silwer medalje |
 |
200m silwer medalje |
|
3000m Goue medalje
|
 |
1000m Goue medalje |
 |
500m Goue medalje |
 |
200m Silwer medalje |
 |
Victor Ludorum Silwer |
 |
2007 WP Marathon Kampioenskappe Goue
medalje |
|
| |
|
|
|
Fotogalery |
|
|
|
Kliek foto's vir groter
weergawe |
|
 |
 |
 |
|
Ruan oefen by Jongensfontein |
| |
|
|
|
 |
 |
 |
|
Sommige medaljes
wat
Ruan reeds gewen het |
Ruan en sy suster |
Ruan Knobel |
|
|
|
|
Meer oor Ruan
Ruan se ouers het reeds vier jaar voor sy geboorte in
Mosselbaai gaan woon. Sy pa is 'n predikant en sy ma 'n kindertuin-onderwyseres. Ruan het ook twee sussies.
Ruan is van kleins af sportief, en het goeie
balvaardigheid, wat 'n pluspunt vir baie ander sportsoorte is, oa.
rugby. In graad een was Ruan die vierde vinnigste outjie uit 48 seuns in
soverre dit sy deelname aan rugby aangegaan het.
Hy is lief vir rugby, en het goed gespeel. Hy het
egter al hoe moeiliker begin hardloop, en gekla oor sy knieë. Op ’n
stadium het sy ouers besef dat daar 'n besliste probleem met sy knieë
is, en hom na 'n ortopeed geneem. Dáár is bepaal dat Ruan 'n probleem in
beide knieë het, naamlik dat daar 'n stukkie been is wat nie
bloedvoorsiening kry nie, en dan doodgaan. Hy is gesê om onmiddelik op
te hou met alle hardloop- en kontaksport, aangesien hy die probleem kan
vererger en sy kraakbeen permanent kan beskadig. Om 'n 11 jarige
energieke seun sy sportdeelname te ontneem was nogal vir Ruan ’n groot
terugslag!
Om hom glad nie te laat hardloop nie, was nie moontlik
nie, veral as hy gedurig moes vlug, omdat hy sy sussies terg. Ruan, sy
ouers en susters het as gesin saam begin soek na 'n winter- en
somersport waaraan hy kon deelneem. Eendag het hulle as gesin langs die
Klein Brakrivier piekniek gehou en ou kennisse raakgeloop. Die mense se
seun het ’n paar maande tevore begin roei, en vir Ruan genooi om saam te
gaan roei.
Dit was groot liefde met die eerste oogopslag. Ruan
het dit van meet af baie geniet, en het gewys dat hy baie
deursettingsvermoë het. Ses maande na hy begin roei het, saam met Heinie
Bosman, ’n kranige roeier as afrigter, het Ruan sy eerste silwer medalje
vir algehele tweede plek op die Westelike Provinsie se Skole Snelvaart
kompetisie gewen. 'n Maand later het hy 4 medaljes by die SA Skole kompetisie gewen en
daarvandaan elke jaar nuwe hoogtes bereik.
Hy sou elke dag wou roei as hy kon. Hy is nou in graad
8, en wat die toekoms inhou weet hy nie, hy sou verseker wou hê dat roei
'n groot deel van daardie toekoms moet uitmaak.
 |
Tel: 044 691 2244 of 084
361 3539 |
|