Oorbodige artikels
Vra voor jy weggooi
Soms het mens oorbodige artikels of goedere wat net in die
pad staan, of al baie lank die kaste en kamer beset. Voor jy die goed weggooi
of vir mense gee wat dit nie gaan waardeer nie, skakel asseblief eers vir
mev. Bezuidenhout. Sy
gebruik self artikels of goedere wat nog in 'n goeie toestand is,
of gee dit aan persone wat sulke items dalk baie nodig het. Alternatief word
goedere verkoop om haar inkomste aan te vul.
Enige van die volgende items is
welkom: beddegoed soos komberse, linne, gordyne, heel meubels, enige
soortgelyke artikels, ens. As jy van oorbodige of ongewenste goedere wil
ontslae raak, wat nog in 'n redelike en werkende
toestand is, skakel haar eerder om te hoor of sy nie dalk die
artikels kan aanwend nie, as wat jy dit sommer net summier wegry na die
vullishoop. Sy sal bruikbare artikels met dankbaarheid ontvang.
(Pretoria-omgewing)
Tel:
084 049 9909 |
|
 |