ADSA: Advertensie Diens vir die Christelike gemeenskap

Help 9

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map
Op|UpHelpHelp 2Help 3Help 4Help 5Help 6Help 7Help 8Help 9Help 10Help 11Help 12

  Gratis Advertensies | Free Ads

 

Opgedateer: 29 September 2008 ** Updated: September 29, 2008

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

Professionele Sagteware

Sagteware Ontwikkeling en Ondersteuningsdienste

Benodig jy spesiaal ontwerpte sagteware, of 'n opdatering van jou huidige stelsel?
Benodig jy 'n Internet-teenwoordigheid met 'n eie webtuiste?
Verloor jy baie tyd as gevolg van die oorvloed gemorspos wat in jou eposbus beland?
Is jy bekommerd of jy voldoende argiewe en rugsteun van jou besigheidsdata het?
Is jy siek en sat vir jou onbetroubare klein besigheids-bediener?
Wil jy kwaliteit sagteware met minder of selfs geen lisensiegelde gebruik?

Daar is oplossings vir hierdie en soortgelyke probleme. Ons voorsien sagteware ontwikkeling en ondersteuningsdienste om jou besigheid of persoonlike rekenaarstelsels te verbeter, plaaslik of oor die Internet.

Lees meer

Laat jou rekenaar jou soos 'n groot aap voel?

ADSA: Laat jou rekenaar jou soos 'n groot aap voel? Daar is oplossings.

Gebaseer in Calgary, Alberta, Kanada

Lees meer oor hierdie diens

 

 

Bybelskenkings

Verspreiding van die Woord

Het u dalk Bybels wat u wil skenk aan iemand wat dit sal waardeer en goed sal benut? 'n Dame in Pretoria is op soek na Bybels vir mense wat nie 'n Bybel het nie, maar graag een wil bekom. Sy sal baie bly wees om te hoor van besighede, privaat persone of organisasies wat Bybelskenkings wil maak.

 Navrae
 Tel: 072 523 5952

ADSA: Skenk asseblief 'n Bybel

 

 

Sendingwerk

Soek meer inligting

Ek wil graag betrokke raak met sendingwerk en barmhartigheidsdiens in Suid-Afrika. Indien daar enige iemand is wat my kan help in die regte rigting, sal ek dit opreg waardeer. Asseblief, hierdie versoek is letterlik 'n noodroep vir hulp, leiding en inligting. Ek het 'n passie en 'n dringendheid in my om te begin, maar oral waar ek aanklop, is my hulp nie nodig nie. Iewers moet iemand tog my diens kan gebruik.

Navrae
Tel: 082 516 1139

ADSA: Hulpdiens, sendingwerk en barmhartigheidsdiens

 

 

Wol vir Breiwerk

Hekel-, brei- en naaldwerk

Brei-, hekel- en naaldwerk-artikels wat onbenut rondlê, kan geskenk word vir 'n wonderlike projek en pragtige poging tot opheffing in die Pretoria-area. Lees meer by die volblad-advertensie en help asseblief met hierdie belangrike projek.

ADSA: Hekel-, brei- en naaldwerk

 

 

Save the Pets

Animal Rescue and Adoption

CARA is a small group of volunteers and part-time employees that care for dogs, puppies, cats, kittens and even other animals. You can help CARA by adopting or sponsoring pets or by your generous donations. They will appreciate your participation and help very much. For more information on how you can help a pet or become part of this group, visit their website at: www.carams.org. Perhaps you would like to make a donation or send them some supplies that are on the shelter's Wish List. REMEMBER your help is needed to make this organization a success. You can contact CARA by sending a request via email or contacting them at one of the numbers below.

Thank you in advance for helping pets find a home and for helping CARA

Contact us
Tel: 601 922 7575 or 601 941 9281
   (Mississippi, USA)

ADSA: Pretty cat eating food

Their postal address is:
Community Animal Rescue and Adoption
960 N. Flag Chapel Rd.
Jackson, MS 39209

 

 

Kanovaart-borgskappe

Ruan Knobel

'n Belowende jong roeier van Mosselbaai vra die hulp van besighede, privaat persone en ander belangstellendes om sy talent en sportaanleg in kanovaart ten volle te ontwikkel. Hulp en bystand sal baie waardeer word. Vir meer volledige inligting, besoek die volblad-advertensie. U bydrae kan 'n groot verskil maak. Ondersteun hom asseblief!

ADSA: Belowende jong roeier van Mosselbaai, Ruan Knobel, vra asseblief hulp

 

 

Bemarkers vir besondere produkte

Décor Dreams

Décor Dreams is op soek na agente/winkels om ons pragtige produkte te bemark. Ons vervaardig o.a. oulike haartooisels vir dogtertjies en allerlei pragtige items vir kinderkamer-versierings. Ons dekoratiewe lampe is uitstaande.

Persone of winkels in alle dele van Suid-Afrika is welkom om met ons te skakel. Ons hoor ook graag van persone in Europa, Kanada, Amerika, Australië, Nieu-Seeland, ens., wat ons produkte in daardie lande wil bemark.

Navrae
Webwerf: dreams.arkpark.net
Tel: 021 981 5361 of 082 212 9998

ADSA: Décor Dreams produkte

Navrae

dreams.arkpark.net

 

 

Seyaya Transport

Groot Vragmotor beskikbaar vir Transport

Het u nodig om iets moeiliks en swaar te vervoer? Ons verrig hierdie soort vervoerdiens met 'n swaar kapasiteit laebed vragmotor. Die vragmotor is geskik om selfs 'n "tractor loader backhoe" (TLB) (grondverskuiwings-masjienerie) te vervoer. Dit kan 10 ton laai en ons het vragversekering vir R300 000. Die diens word landwyd gedoen, dus enige plek in RSA. Ons sal enige vragte vervoer wat op die vragmotor pas en nie 10 ton oorskry nie. Navrae is meer as welkom.

Kontak Danie by die onderstaande telefoonnommer as u iets wil laat vervoer. Hy lewer uitstaande diens en hoor graag van persone wat hierdie soort vervoerdiens benodig.

Tel: 071 607 7347

Navrae

 

 

Ampteks Elektries

Geen limiet kragopwekkers te koop

Ons het kragopwekkers te koop. Max 6,5 kva - enkelfase motor, 220-240V, outomatiese spannings-regulasie (AVR), petrolenjin met terugslag aansitter (recoil start). Gratis aflewering in die Noordwes en Gauteng omgewings. Skakel gerus vir grootmaat bestellings.

Tel: 082 556 3640
Faks: 018 771 3834

Kliek duimnael vir groter weergawe

Navrae
 

 


Help
Help 2
Help 3
Help 4
Help 5
Help 6
Help 7
Help 8
Help 9
Help 10
Help 11
Help 12

Helpkaart
ADSA
Help Map

Dienste
Gebeure
Media
Poste
Produkte
Skole
Vermaak

Entertainment
Events
Jobs
Media
Products
Schools
Services