|
|
| ||||||||||||||||||||||||
|
Argitektuur
Uitgawe 100 ** Issue 100 |
||
|
|
||
|
||
|
Vir die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van
Korag. ‘n Psalm. Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare! My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God. Selfs vind die mossie ‘n huis en die swaweltjie ‘n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God! Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela. Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ‘n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge. Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion. HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela. o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde. Want ‘n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid. Want die HERE God is ‘n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie. HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou! Psalm 84:1- 13 |
|
To the chief Musician upon Gittith, A Psalm for the sons of
Korah.
How amiable are thy tabernacles, O LORD of hosts! My soul longeth, yea even fainteth for the courts of the LORD: my heart and my flesh crieth out for the living God. Yea, the sparrow hath found a house, and the swallow a nest for herself, where she may lay her young, even thine altars, O LORD of hosts, my King, and my God. Blessed are they that dwell in thy house: they will be still praising thee. Selah. Blessed is the man whose strength is in thee; in whose heart are the ways of them. Who passing through the valley of Baca make it a well; the rain also filleth the pools. They go from strength to strength, every one of them in Zion appeareth before God. O LORD God of hosts, hear my prayer: give ear, O God of Jacob. Selah. Behold, O God our shield, and look upon the face of thine anointed. For a day in thy courts is better than a thousand. I had rather be a doorkeeper in the house of my God, than to dwell in the tents of wickedness. For the LORD God is a sun and shield: the LORD will give grace and glory: no good thing will he withhold from them that walk uprightly. O LORD of hosts, blessed is the man that trusteth in thee. Psalms 84:1- 12 |
|
|
||
|
|
||
| ||||||||||||||||||||