|
|
|
|
|
English |
 |
|
|
|
|
|
|
 |
Bybels vir aflaai
Die hedendaagse Christen is baie bevoorreg om die Bybel op sulke talryke plekke
en in soveel variasie te bekom. Met die Internet is dit ook veel makliker en verskeie
vertalings van die Bybel is geredelik beskikbaar vir studente, leraars en enige ander
persoon wat die Bybel onder oë wil kry. Dan is daar ook nog oordenkings, geestelike
liedere, kommentare en veel meer. Baie daarvan ook nog boonop GRATIS.
Menige Bybels is reeds uit kopiereg en kan dus vryelik en na
hartelus gebruik word. In hierdie groep is daar oa die King
James-weergawe (1611), die American Standard-weergawe (1901),
Noord-Sotho (1951), Cherokee Nuwe Testament (1860), Tsonga (1929),
Zoeloe (1959), Russiese Sinodale Vertaling (1876), Arabiese Bybel
(1865), die Deense Bybel (1871), die Duitse Tafelbybel (1911),
Spaanse Bybel (1569), die Franse Bybels (1744, 1923), die Hollandse
Statenvertaling (1618/19) en laaste, maar nie die minste nie, die
Afrikaanse Bybel 1933/1953 vertaling.
Kyk na enige van die onderstaande besoekpunte om meer te wete te kom.
 |
E-Sword (www.e-sword.net)
Hierdie gratis Bybelsagteware bied talle nuttige en
interessante eienskappe vir die Christen, oa: |
|
 |
Grafiese hulpmiddels, insluitend pragtige NASA-kaarte, klassieke Bybelkaarte, en
'n Bybelatlas |
|
 |
Meer as 50 Bybel-vertalings en weergawes, insluitend Afrikaans (Ou Vertaling:
1933/1953), Engels, Hebreeus, Grieks, Chinees, Deens, Duits, Fins, Frans, Nederlands,
Russies, Spaans, Sweeds, Thai en nog meer |
|
 |
Tot 4 weergawes kan in parallel gelees word |
|
 |
Geestelike liedere |
|
 |
Woordeboeke en woordelyste |
|
 |
Kommentare |
|
 |
Oordenkings |
|
 |
Persoonlike Studie-notas |
|
|
|
 |
|
Dit is verder ook Oop-Bron kode ("Open Source code"), wat dus toelaat
dat enige persoon die program kan aanpas na goeddunke, indien so verkies.
 |
|
|
Voorwaar 'n heerlike juweel-webwerf om te besoek. Die gesiggestremde, sowel as
enigeen wat dit geniet om na Bybel-voorlesings te luister, kan groot baat vind deur die
gratis oudio wat in die gewilde MP3-formaat hier aangebied word. Die Bybel en ander items
word oa. in tale soos Engels, Mandaryns, Arabies, Hebreeus, Slowaaks, Punjabi, Cantonees,
Urdu en Spaans aangebied.
Daar is ook skakels na ander bronne waar Bybel en Christelike audio-materiaal
afgelaai kan word.
Nuwe toevoegings tot hierdie webwerf bevat Gratis Christelike Liedjies
en Gesange, sowel as skakels na Gratis Christelike (www.freechristianaudiobooks.com)
en Klassieke Oudio-Boeke. Die oudio is in MP3, AAC en M4B formate, sodat dit ook op
MP3-spelers en die Ipod geluister kan word.

'n Gratis aflaaibare program, maklik om te gebruik en sluit in
besonder die New King James Version (NKJV) in.
Lees meer by die volblad-advertensie.

Ons dank aan die persone wat
sulke webwerwe skep waar die Christen tuis kan voel en boonop nog God se Woord al hoe
beter kan leer ken, deur 'n verskeidenheid van hulpmiddels.

|
|
 |
| |








































|