ADSA Advertisement Service for the Christian Community

Reken nou net!

 

 Opgedateer: 16 Augustus 2008 ** Updated: August 16, 2008

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies

 

 

 

Rekenaarhulpmiddels

 

 

Top 10 Wenke: Sekuriteit vir jou Rekenaar

Voorsorg vir Ongelukkige Voorvalle

Vir ELKE rekenaar onder jou toesig:

1. Maak minstens een keer per week 'n rugsteun-kopie ("backup") van jou data, verkieslik daagliks.

2. Installeer Antivirus-sagteware. As jy nie op hierdie oomblik antivirus sagteware gebruik nie, stop dadelik, gaan kry dit, en gaan dan voort nadat jy dit geïnstalleer het. As jy Windows gebruik, is dit eenvoudig onverantwoordelik om sonder antivirus sagteware te werk, weens die hoë volume van virusse waarvoor dit kwesbaar is. 

Bekende programme is
Norton Antivirus en McAfee Antivirus. Daar is ook gratis programme beskikbaar, soos AVG Anti-Virus, Avira AntiVir Personal - FREE Antivirus en Avast! Antivirus 4.x Home Edition.
3. Installeer 'n bidireksionele vuurmuur. Die vuurmuur in Windows XP is beter as niks, maar ook nie veel nie. ZoneAlarm en Sunbelt gratis persoonlike vuurmure is beter opsies. Gebruik ook 'n hardeware vuurmuur as jy 'n breëband Internetverbinding het, soos DSL.

4. Gebruik 'n Internet-diensverskaffer  (ISP) wat aanlyn (aan die bedienerkant) filter vir virusse, gemorspos ("spam") en ander inhoud, of gebruik 'n eposdiens wat dit voorsien.

5. Doen die opstellings vir jou sekuriteit in jou snuffelprogram ("browser"), epos en draadlose netwerk ("wireless LAN"). Skakel ook die opspring advertensies af. Oorweeg om veiliger programme vir snuffel- en eposfunksies te gebruik, soos SeaMonkey, Firefox en Thunderbird.

6. Verwyder enige Advertensieware/Spioenware ("Adware/Spyware"). Gebruik programme soos Spybot Search and Destroy en Ad-Aware om van hierdie euwels, wat jou gewoontes dophou en selfs inligting kan steel, ontslae te raak.

7. Beskerm jou wagwoorde ("passwords"). Gebruik iets soos KeePass of Password Safe, wat beide op tafelrekenaars ("desktops") en handrekenaars ("PDAs") werk.

8. Enkripteer lêers met sensitiewe inligting, met programme soos TrueCrypt of ScramDisk.

9. Kyk eers na besprekings en kommentaar vir programme, voordat jy dit installeer, veral vir advertensieware. Dit mag dalk net 'n deur oopmaak vir probleme. Selfs programme van bekende bronne, soos Microsoft se Windows XP SP2, mag gevare inhou. Soos die spreekwoord sê: "Caveat Emptor".

10. Toets jou rekenaar gereeld vir sekerheid, en doen die nodige opdaterings. Gebruik toetse soos die van Symantec Security Check of ShieldsUp!.

 

 

OpenOffice.org

Is jou Kantoor Oop, of Toe?

Het jy al, of wil jy Microsoft Office produkte (soos Word, Excel, Powerpoint, ens.) gebruik? Sien jy op teen die koste van etlike duisende Rande? Vermy die hoë prys van Microsoft, maar ook die prys op jou gewete as jy 'n roofkopie sou gebruik. Daar is 'n alternatief.

Oor die laaste jare het daar stil-stil 'n kragtige mededinger gegroei. Sy naam: OpenOffice.org.(Ja, die naam sluit die .org in.) Wat maak hierdie “Office Productivity Suite” so interessant? Hier is maar 'n paar van die baie aantreklike eienskappe:

Prys: GRATIS. Moet egter nie dink dit is minderwaardig nie!
Versoenbaarheid met Microsoft Office lêer-formate, soos Word, Excel en Powerpoint. Dit kan ook talle ander en ouer formate lees, insluitend Lotus 1-2-3 en dBASE.
Dit het 'n Afrikaanse speltoets-funksie
Dit kan dokumente bêre in die gewilde PDF-formaat, asook die SWF-formaat (Flash)
   
Hoe om OpenOffice.org in die hande te kry
 
Jy kan dit gratis aflaai by die naamgenoot webwerf OpenOffice.org.
 
Wat is daarin?

Die volgende is 'n kort opsomming van die 4 primêre funksies in OpenOffice.org. Daar is nog talle ander om te ontdek.

 

Writer is 'n kragtige program om professionele dokumente, verslae, nuusbriewe en brosjures te skep. Jy kan maklik illustrasies en diagramme kan maklik in dokumente invoeg, enigiets van besigheidsbriewe tot volledige boeke met professionele uitleg skep, asook Web inhoud skep en publiseer.

Calc is 'n sigbladprogram wat propvol eienskappe is om vervelige syfers in treffende inligting te omskep. Bereken, ontleed en dra inligting visueel oor, vinnig en maklik. Gebruik gevorderde sigbladfunksies en besluitnemings eienskappe om gesofistikeerde data analise te doen. Gebruik ingeboude funksies om indrukwekkende 2D en 3D diagramme en kaarte te skep.

Impress is die vinnigste, kragtigste manier om effektiewe multimedia aanbiedings te skep. Jou aanbiedings sal waarlik uitstaan met spesiale effekte, animasie en hoë-impak tekenfunkies.

Draw kan enigiets produseer, vanaf eenvoudige diagramme, tot dinamiese 3D illustrasies en spesiale effekte.

Die Databasis Gebruiker Funksies (Database User Tools) maak dit moontlik om al jou alledaagse databasiswerk in 'n eenvoudige sigblad-formaat te doen. Dit ondersteun dBASE databasisse vir eenvoudige toepassings, of enige ODBC- of JDBC-aanpasbare databasis vir industriële-sterkte databasiswerk.

Vir meer eienskappe, 'n inleiding in Flash-formaat, en talle ander inligting, sien OpenOffice.org

 

 

 

 Bybels
 Lees
 Lees 2
 Lees 3
 Lees 4
 Lees 5
 Lees 6
 Rekenaar
 Rekenaar 2
 Rekenaar 3
 Reken nou net
 Reken nou net 2
 Reken nou net 3
 Reken nou net 4
 Reken nou net 5
 Reken nou net 6
 Reken nou net 7
 Reken nou net 8
 Reken nou net 9
 Reken nou net 10
 Reken nou net 11
 Reken nou net 12
 Reken nou net 13
 Reken nou net 14
 Swartlys

 Dienste
 Gebeure
 Help
 Poste
 Produkte
 Skole
 Vermaak

 Mediakaart
 ADSA
 Media Map

 Bibles
 Computer
 Computer 2
 Computer 3
 Read
 Read 2
 Read 3
 Read 4
 Read 5
 Read 6
 Blacklist

 Entertainment
 Events
 Help
 Jobs
 Products
 Schools
 Services

Op|UpBiblesBybelsLees|ReadLees 2|Read 2Lees 3|Read 3Lees 4|Read 4Lees 5|Read 5Lees 6|Read 6Rekenaar|ComputerRekenaar 2|Computer 2Rekenaar 3|Computer 3Reken nou net!Reken nou net! 2Reken nou net! 3Reken nou net! 4Reken nou net! 5Reken nou net! 6Reken nou net! 7Reken nou net! 8Reken nou net! 9Reken nou net! 10Reken nou net! 11Reken nou net! 12Reken nou net! 13Reken nou net! 14

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
 

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2008
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads