|
|
|
 |
|
|
Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies
|
|
|
|
 |
|
|
Die mens en sy dinge 3
|
|
|
|
 |
|
|

Die Bybel is een van die mees belangrikste
boeke in die wêreld en die mees belangrikste vir Christene. Die Woord is
God se liefdesbrief aan Sy kinders en een van die hoofbronne waaruit
gelowiges se geloofslewe gevorm en verryk word.
Deur eeue heen was die inhoud van die Bybel die rigtingwyser na en
openbaring van wat God aan Sy kinders wil gee, naamlik die ewige lewe.
Die Ou Testament is die vooruitskouing van die beloftes, terwyl die Nuwe
Testament van die vervulling van die beloftes vertel. Die Ou Testament
wys na die Saligmaker en Verlosser, naamlik Jesus Christus, se koms,
terwyl die Nuwe Testament vertel van Jesus se geboorte en uiteindelik Sy
kruisdood en opstanding. Hoewel die hele
Bybel vol lesse en waarhede is, het baie mense al getuig van die direkte
en geweldige impak wat slegs gedeeltes of teksverse op hulle lewens
gehad het. Watter gelowige weet nie van die Herderspsalm van Dawid
(Psalm 23) en hoe dit mens kan bemoedig in tye van bekommernis nie?
Romeine 8, wat vir die meeste gelowiges een van hulle bekendste en
geliefste Bybelhoofstukke is, het groot impak gehad vir Maarten Luther,
een van die groot helde van Hervorming. Korinthiërs 13 word deur talle
paartjies tydens die huweliksgelofte gebruik en teksverse soos Johannes
3:16 het een van die refreine geword van menige sendelinge, om sodoende
mense na God en Sy ewige koninkryk te lei.
Die Bybel is deesdae in baie tale beskikbaar. Dit help dat mense wat die
Bybel beter wil ondersoek, die Bybelinhoud van verskeie hoeke af kan
benader en bestudeer en gevolglik ook meer te wete kan kom van God se
doel met ons lewens. Wat 'n voorreg as mens
kan lees, die Bybel besit en God daagliks so kan nader. Dit sal altyd
tot mens se voordeel wees. Soos dit in Jesaja staan: "...so sal My Woord
wees wat uit My mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar
doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur."
(Jesaja 55:11) Lees meer by enige van die
volgende:
|
|
|
|
 |
|
|
|
Hervorming
Hierdie belangrike tydperk, wat ongeveer
van die 15de tot 17de eeu
geduur het, is van ingrypende belang
vir Protestante. Uit die algemene veranderinge op sosiale, politieke en
staatsvlak in Europa, het groot dinge ontwikkel, wat algemene, maar ook
geestelike hervorming, te weeg sou bring.
Belangrike faktore was oa
dat die mens se
kennis begin toeneem het en tot ondersoeke, selfstudie en
selfstandige denke gelei het. Meer mense het self begin lees en skryf.
Die situasie is ook verder aangestu deur die ontdekking en gebruik van
die drukpers. Dit het daartoe gelei dat kopieë van boekeksemplare veel
makliker gemaak kon word as vorige hand oorgeskrewe geskrifte. Kennis en
inligting kon gevolglik baie vinniger, akkurater
en veelvoudiger versprei. Natuurlik was Bybels ook deel van
hierdie groep geskrifte. Die verspreiding van Bybels
het
baie verbeter en daarmee saam ook kennis van die inhoud en
waarheid daarvan.
Die dwaling en verdoeseling van die
waarhede van die Skrif deur Roomse geestelikes van daardie tyd,
het
teëstand van mense gekry wat dit ernstig met God en Sy gebod bedoel het.
So was daar Johannes Hus (1373-1415) wat vir sy kennis van Gods Woord en sy
geloof in die waarheid van die Skrif, op die
brandstapel gesterf het. Sy
sterwenswoorde was: "In 'n 100 jaar sal God 'n man oprig wie se uitroep
vir hervorming nie onderdruk sal kan word nie". Die vloeiende
bloed van Christen-martelare roep uit om geregtigheid en die vlam van
Hervorming het begin. Die kettings van
ontoeganklikheid, dwaling, onkunde en duisternis sou verbreek
word. Dit geskied deur daardie groeiende groep persone wat self
begin lees en leer het uit die oorspronlike tale soos Grieks en
Hebreeus. Hulle kennis van die tale en die inhoud van die Bybel
lei
hulle tot die begeerte om te werk vir hervorming in die kerk en op
geestelike gebied.
Mense soos Luther, Wycliffe en Calvyn
het
almal begin werk om die Woord uit te dra na die gewone volk en ook in
hul eie onderskeidelike moedertale. Latyn en Hebreeus is vervang in
kerkdienste en die volkstaal is gebruik vir preke en sang, ipv. die ou
tale. Psalms en gesange, dus geestelike liedere en
Hallelujas, is geskryf in die volkstaal en geestelikes het boeke
in die algemene spreekstale begin skryf om hul kennis, insig en opinies
te deel met ander gelowiges.
Maarten Luther (1483-1546) was 'n monnik
wat skerp gekant was en hom vurige
en
openlik uitgespreek het oor die verkoop van aflate (kwytskelding
van straf vir sonde deur betaling), wat deel van die algemene gebruik in
die Rooms-Katolieke kerk was. Toe die pous Luther daaroor veroordeel,
het Luther uiteindelik op Sondag-oggend 31 Oktober 1517 sy bekende 95
stellings teen die kerkdeur gaan vaspen om sy onvergenoegdheid sodoende
te kenne te gee. Dié belangrike
gebeurtenis was 102 jaar na Johannes Hus se
dood. Sy sterwenswoorde is bewaarheid en met Luther het die Hervorming
'n deurbraak gemaak wat nie gestuit kon word nie.
Omdat Luther 'n gelowige en kundige Bybelkenner was,
het hy goed geweet dat mens nie deur werke of geld jou verlossing kan
bewerkstellig of koop nie, maar dat slegs die dood van ons Here Jesus
Christus aan die kruis ons redding kan bewerkstellig. Geen aflaatbriefie
kon Jesus se genadegawe van Sy kruisdood vervang nie.
In 1520 verbrand Luther die banvloek wat deur die pous aan
hom gestuur was in die openbaar en breek dus finaal met die Roomse kerk.
Met dié gebeure in Desember 1520,
word hy die vader van die Hervorming in Duitsland en ontstaan Prostestantisme.
In 1521 met die Ryksdag te Worms, verskyn
Luther voor die keiser waar hy beveel word om alles wat hy geskryf het
terug te trek. Die volgende dag
maak hy sy beroemde stelling: “Tensy
ek deur getuienisse uit die Heilige Skrif of deur duidelike bewyse
oortuig word ... kan en sal ek niks herroep nie, want dit is verkeerd en
gevaarlik om teen die gewete te handel. Hier staan ek! Ek kan nie anders
nie! Mag God my help! Amen."
Maarten Luther vertaal later te Wittenberg
die Bybel in Duits en skryf ook etlike boeke en geestelike liedere
waarvan “'n Vaste burg is ons God” baie bekend is.
In ander dele van Europa sou nog manne
soos Luther na vore tree wat die diep en innige begeerte gehad het om
die waarhede uit die Bybel te put en met andere te deel. Groot name by
godsdienshervorming is Calvyn, wat in
Frankryk en Holland die leiding aan die
beweging gegee het, Knox in Skotland en Zwingli, wat sy eie kerk in
Zürich in Switserland stig. In Engeland was dit John Wycliffe, wie se
invloed uiteindelik sou lei tot Coverdale en Tyndale se vertalings van
die Bybel na Engels.
Natuurlik het die vervolging van
Protestante in Europa en gebeure soos dié van die
Bartholomeusdag-Slagting ook daartoe gelei dat baie van ons voorouers
uit daardie gebiede gevlug het en 'n nuwe heenkome in Suid-Afrika gaan
soek het, waar hulle hul geloof kon uitleef. Die Calvinistiese invloed
op ons geloofslewe is geensins te betwyfele nie.
Die Afrikaanse Bybel wat in 1933 verskyn,
is vertaal vanaf die oorspronklike Grieks en Hebreeus. Name wat
belangrik is om te noem tov die Afrikaanse Bybelvertaling van 1933, is
Totius, dr. Keet, ds. Van Rooyen en dr. Fourie. Taaladviseurs was oa.
mense soos Malherbe, Smith en Boshoff.
Vir die martelare wat hul goed en bloed
gegee het, sodat ons ons Bybels
daagliks in ons eie moedertaal, nl. Afrikaans, kan lees en bestudeer, sal
ons kwalik woorde van dank kan hê. Vir mense wat met mannemoed
en leeueharte opgestaan het en God's Woord
weer ongeveins en oop en suiwer deurgegee het,
kan mens net ons Here loof en dank. Dié gebeure het daartoe
gelei dat ons
as gelowiges enige tyd van die dag ons Bybel kan oopmaak en lees wat God
se Woord ons wil leer.
Meer inligting by:
|
|
|
|
 |
|
|
|
Ligtorings, Vuurtorings of Ligbakens
(Ook soms genoem lighuise) Ligtorings en hul vuurtoringwagters word oral oor die
wêreld aangetref om groot waterweë en seestrate of seegebiede vir die seevaarder
veiliger te probeer maak.
So tref mens byvoorbeeld langs die groot mere van Noord-Amerika talle ligtorings
aan. Lake Ontario het onder andere die Old Fort-ligtoring met sy kasteelagtige voorkoms.
Een van die oudste aktiewe ligtorings by Lake Erie, is Marblehead-ligtoring wat in 1822
gebou was. Lake Superior het verskeie ligtorings, insluitend die Sandeiland-ligtoring, die
Raspberry-ligtorings en die Marquette Hawe ligtoring op die Apostle-eilande asook die
Passage Island en Rock of Ages-ligtorings. |
|
|

Kliek foto vir groter weergawe |
Aan die Noordwestelike kus van Kanada kry mens 'n magdom
vuurtorings. Daar is die pragtige Triple Island-ligtoring en die Pine Island se ligtoring
in die noord-westelike deel van die besondere mooi Queen Charlotte Straat. Waar die golwe
woes teen die weste van Vancouvereiland slaan, is die Pachena Point-vuurtoring. Sommige
vuurtorings van ouds, is vervang met ligbakens en ander is geoutomatiseer, soos bv. die
Brockton Point-ligtoring wat in die Vancouver-hawe is. |
|
|
Die hoofdoel van ligtorings is om mense
op see, of op ander groot waterweë, soos groot mere, te waarsku van gevaarpunte, soos
hoogliggende rotse, seebanke of ander bedreigings, wat tot die sink van 'n seevaartuig mag
lei. Vuurtorings vergemaklik ook die ingange by hawes.
Ligtorings se geskiedenis trap al eeue lank diep voetspore en een
van die bekende vuurtorings in die Antieke geskiedenis, was die Alexandria-Vuurtoring. Dit
was beskou as een van die sewe wonders van die antieke tyd en die vuurtoring het ook
bekend gestaan as die Pharos van Alexandria. Dit is na bewering in die 1300's in 'n
aardbewing vernietig. |
|
| Ligtorings het talle argitektoniese style. Vanaf ronde
en kegelagtige torings, tot blokkige geboue soos die
Neuwerkeiland-ligtoring in Hamburg, Duitsland. Sommiges het mooi
kasteelagtige geboue by die toring, soos die Byron Bay-vuurtoring in
Nieu-Suid-Wallis, Australië. Ander het gedenkwaardige dele om te besoek,
soos die imposante Bengtskär, met sy museum, wat geleë is in Finland. |

Iles de la Madeleine
Kliek foto vir groter weergawe
|
|
| Die boumateriaal wissel ook baie en weens die aard van
die aanvanklike doel van ligtorings, is hulle meestal op baie gevaarlike, ongerieflike en
besondere plekke gebou. Dus, baie vuurtorings of ligtorings is op uitstaande rots
gedeeltes gebou. 'n Voorbeeld hiervan is die bekende ligtoring by Peggy's Point in Nova
Scotia (Kanada). Ander ligtorings is soms omring met water en gebou op rotsagtige dele wat
net onder die watervlak versteek is, soos die Eddystone-Ligtoring, wat mense van die
gevaarlike Eddystone-Rotse moet bewus maak. |
|

Peggy's Cove Kliek foto vir groter weergawe |
Vuurtorings het in die antieke tyd van vuur en sonlig en later van
lampe tesame met spieëls gebruik gemaak om die ligtoring se lig te laat vertoon. Die
beginsel van die konsentrasie van ligstrale is gebruik en later met behulp van 'n lens
(Fresnel-lens) verbeter. In die ouer torings was 'n soort horlosie-apparaat gebruik om die
omwenteling en draai-effek van die lig op gereelde basis te roteer. Die tipiese horing is
geblaas in stormagtige en mistige weer. Daar is, weens die beter werking
en effektiwiteit, in sommige plekke twee ligtorings naby mekaar gebruik, wat dan die
meting vir die vaarder vergemaklik het. Hierdie twee-toring-tegniek is al so vroeg as die
1830's in Europa ontwikkel. Deesdae is daar beide bemande en onbemande ligtorings, asook
ligbakens, omdat die tegnologiese ontwikkeling dit toelaat. Natuurlik is sommiges ook
geoutomatiseer om die funksies te verrig. |
| Met die koms van die Global
Positioning System (GPS), het die aard van seevaart baie verander en het baie ligtorings
geoutomatiseer of in onbruik geraak. Ligtoringbewoners het ook al hoe minder geword, of
die rol van sulkes het meer verander na noodredding. Natuurlik het sommige ligtorings ook
besienswaardighede vir toeriste geword, soos die Cabo Branco-ligtoring wat aan die mees
suidelike punt van Suid-Amerika geleë is. Of ligtorings nou nie meer hoogty vier nie, of nie, hulle bly mooi en besondere
geboue, wat sekerlik tot groot verligting gelei het vir die seevaarder en sy bemanning
tydens stormagtige weer.
Meer inligting oor lig- of vuurtorings:
|
|
Tegnologiese
Ontwikkeling Tegnologiese ontwikkeling beïnvloed alle terreine van
ons daaglikse doen en lates en bring groot waardetoevoeging tot ons
lewens. Voorbeelde hiervan is onder andere
gebiede soos die werksplek, die huis,
voedselbedryf, omgewingsbewaring, mediese bedryf, boerdery, kuns, vermaak,
opvoeding
en talle meer. Kom ons begin by die werksplekke se tegnologiese
ontwikkelings. Dié plekke waar ons ons brood verdien, het baie verander
as gevolg van hierdie ontwikkeling. By die werksplek is rekenaars,
Internetverbinding en die gebruik van talle meegaande apparate,
masjienerie, implemente en instrumente deel van die
normale daaglikse
roetine. Dit word veral gebruik vir die verbetering van veiligheid, die
beste prestasie van werkers in tandem met die nuwe
tegnologie, om sodoende die grootste moontlike produktiwiteit te probeer
verkry. Daarmee saam help tegnologiese ontwikkeling ook om die mikpunt vir
beter kwaliteit produkte, dienste en algemene verkope uitgebrei te kry. 'n
Doelgerigte sagteware-program
geskoei, ontwerp en ontwikkel vir 'n sekere taak of
aantal take, kan byvoorbeeld baie prosesse in fabrieke,
die landbou of talle ander bedrywe
beheer. Dit laat werkers dan vry om
ander meer intensiewe en ingewikkelder werk
te doen, waar oordeel en ander insette nodig
is. Die sleurwerk kan
dus aan die masjien oorgelaat word, sodat die
masjien en rekenaar kan doen waarvoor dit
eintlik baie goed is, naamlik outomaat of robot
wees. Een van die belangrikste areas waar tegnologiese
ontwikkeling 'n impak gemaak het, is opvoeding en opleiding. Die gebruik
van rekenaars, die Internet, asook ander tegnologiese hulpmiddels soos
kamera's, mikroskope, video's en so meer, bring die inligting met groter
besonderhede tot by die student. Die klaskamers is gevul met rekenaars,
drukkers, videomasjiene en talle ander dinge. Dis alles hulpmiddels vir
onderwysers, ouers en opvoeders om die student se ontwikkeling aan te
help. Goeie kommunikasie en hantering van daaglikse sosiale samesyn help
die kind om in 'n geronde volwassene te ontwikkel. Langafstand
onderrig het reeds gerealiseer en word al hoe meer toegepas. Tegnologiese
vordering op die ruimtevaart-gebied het bygedra tot die maanlanding,
asook ander navorsings-sendings van satelliete na ander planete soos
Mars. Die tegnologie wat uit hierdie projekte
voortspruit, asook van die inligting wat op daardie reise versamel en ingewin word, word
later in ons daaglikse produkte en dienste gebruik. Dit is veral op
mediese en chemiese en elektroniese gebiede wat hierdie inligting van groot waarde is en
toegepas word. Weerberigte en weernavorsing baat
geweldig by die
hedendaagse tegnologie. Met die talle satelliete wat
geduring wentel om die aarde, het die navorsing van weertoestande en
weerpatrone, asook ander natuurverskynsels soos die auroras,
monsteragtige storms en weerlig moontlik geword. Die baan wat winde
(jetstreams) om die aarde neem, asook ander invloede van hitte, vulkane,
besoedeling, vure en so voorts, op die weerstoestande, het ook met behulp
van satelliet-terugvoere moontlik geword. Weerstoestande kan dus vir dae
vooruit bestudeer en met behulp van verskeie metings beraam word. Dit
lei dan tot redelik akurate weervoorspellings, wat eintlik maar net
weerberamings genoem kan word. Wetenskaplikes en weerkundiges wend dus
hul kennis, gebou uit vorige ervarings van weerpatrone aan. Sulke
weerpatrone wat deur etlike jare gedokumenteer was, asook vandag se
tegnologie soos 'n wêreldwye netwerk van barometers, windmeters en so meer,
wat veel meer akkuraat kan meet, maak dan saam so 'n beraming vir
komende dae moontlik. Hierdie vooruitskattings word
gedoen met gesofistikeerde rekenaarmodelle van die atmosfeer, met
inagname van geskiedkundige waardes. Sulke beramings is veral van groot waarde in
orkaangebiede en natuurlik vir navorsers wat byvoorbeeld na koue
gebiede toe moet gaan in die pole. Die publiek kan
vooraf gewaarsku word van verwagtinge van groot sneeu- of reënstorms, hoë spoed winde of
tornado's. Die voedselbedryf is nog 'n gebied
wat in groot mate deur
hedendaagse tegnologie beïnvloed word. Tegnologie soos die GPS
stelsels word met groot sukses in die visbedryf gebruik. So kan groot
skole vis waargeneem en benut word. Kweekhuise word aan die gang gehou
en voedsel met talle nuwe hibrides word gekweek en ontwikkel. Voedsel se
inhoud kan ook deesdae tot in die fynste besonderhede met sukses bepaal
word. Die uitbreek van siektes en die bekamping daarvan is dus makliker
om te hanteer. Massaproduksie van graan, vrugte en groente het 'n móét
geword, omdat baie mense in groot stede woon en werk. Sommige lande het
droogte en hongersnood en voedsel word dan soontoe uitgevoer. Voedsel
moet met sorg hanteer word totdat dit die koper bereik. Tegnologie word ook
daar ingespan om voedsel behoorlik te pluk, verwerk, te verpak, te berg
en te vervoer. Boerderybedrywe baat ook by die verbetering op
tegnologiese gebied. Groter masjienerie, die beter benutting van
hulpbronne soos water, grond en navorsing oor die spesifieke en
meelopende gebiede wat die bedryf beïnvloed, asook die hulp van
rekenaars wat inligting oor weer, markte en handel, plante- en diere, asook
gebeure in die buiteland en ander mediadekkings, met die kliek van 'n
muis beskikbaar kan stel, is alles dinge wat die boerdery behulpsaam is.
Die bou van damme en die ontwikkeling van besonder plante en kudde rasse
en die beter opleiding van boere, hul werkers en
professionele personeel
soos veeartse, is ook ter sprake. Omgewingsbewaring, so
eienaardig as wat
dit mag klink, baat by tegnologie veral met die Internet, TV media asook
videomateriaal wat as bewyse van sulke omgewings- of
natuurmisbruike kan dien. Dan is daar
ook die herwinning van bruikbare afvalmateriaal soos karton, plastiek
en glas. Tegnologie help ook met die beste benutting van huidige
hulpbronne. Daar word deesdae baie gepraat oor besoedeling, die
osoonlaag en die misbruik van die aarde se baie belangrike bronne soos
water, land en see. Besoedelde water, grond en lug is vir almal 'n
gevaar en almal moet meewerk om ons leefruimtes en die omgewing so goed
moontlik te probeer bewaar. Behoorlike benutting van tegnologie kan hier
ook ingespan word om te verhoed dat pragtige natuurgebied eenvoudig net
in kaalgestroopte mynhope of 'n woestyn ontaard. Daar is byvoorbeeld in
Israel baie gedoen deur woestyngebiede te begin terugwin deur die
korrekte aanplantings te maak en drupbesproeiing te gebruik. In lande
met groot woude word houtkappers en groot houtmaatskappye soms gedwing
om herplantings te doen, sodat boomgebiede weer gedeeltelik herwin
kan word. Omgewingsvriendelike ontwikkelaars wat groen
gebiede laat, of selfs behoorlik inrig vir nuwe intrekkers in die
splinternuwe woongebiede, bly skaars, maar dié van hulle wat
wel hierdie
weg gevolg het, help gemeenskappe om beter te leef en te werk. By
argitektuur is die aanwending van goeie tegnologie van lewensbelang.
Geboue, paaie, tonnels, huise en ander soort argitektoniese werke moet
veilig wees. Korrek gebou met die regte materiaal en in die regte
verhoudings, met alle veiligheidsaspekte soos beskikbare uitgange in
noodgevalle, brandbestryding en talle ander veiligheidsfaktore, bly van
uiterste belang en is meetbaar met vandag se tegnologie. Swak geboude
strukture kan
intuimel en lei dan dikwels tot lewensverlies. Die mens kan tegnologie
gebruik om beter en gesonder energiebenuttings te vind. Daar is bv.
windlaaiers, gety-kragopwekkers, beter ontwerpte stede en geboue.
Sonpanele wat sonkrag kan omsit in elektriese energie ens. Dit alles dra
by tot omgewingsvriendelike energieopwekking. Vir die hedendaagse huisvrou is die
mikrogolf, yskas, en watergeriewe in die huis dalk iets alledaags, maar
vir oer-oumagrootjie sou dit 'n fees gewees het. Ons geslag is bevoorreg
om sulke apparate te hê wat ons lewens vergemaklik. Die dae wat water
aangery moes word met die wa, is nog duidelik in sommige se geheues. Wat
huishoudelike apparate betref, het dinge baie verander en deesdae is daar
selfs die moontlikheid van robotte om huiswerk en ander nuttige takies
te verrig. Dis nou wel by sommige van ons net 'n droom,
omdat hierdie
ontwikkeling nog in sy babaskoentjies is, maar die hoop beskaam nie.
Die
gedienstige ASIMO het blykbaar ook nou sy robothondjie gekry. In
samewerking met die rekenaarontwikkeling, waar sagte- en hardeware 'n
kragtige span vorm, het byna alle dele van die samelewing 'n
gedaantewisseling ondergaan. Elektrisiteit het 'n groot omwenteling
gemaak in die mens se lewe en met die rekenaar wat al hoe groter rol in
die gewone huishouding begin speel, is die volgende fase van omwenteling
nou weer aan die gang, veral omdat dit die Internet-invloed ook nou by
kry. Kuns, vermaak en tydverdryf, soos toerisme en talle sportgebiede,
gebruik tegnologie om al hoe gewilder produkte en
dienste te probeer skep. Sportdeelnemers het deesdae al hoe beter apparaat en tegnieke en navorsing
kan van 'n gewone atleet 'n kampioen maak, as die waarnemings en
tegnologie reg ingespan word. By hierdie gebied sluit aan die
tekstielbedryf, waar klere met behulp van programme uitgeknip en gemaak
word en massaproduksie
sodoende bereik word. Kunsleer, kunspêrels
en kunsdiamante
is maklik bekombaar. Alles aan tegnologie-ontwikkeling
te danke. 'n Baie belangrike deel van tegnologie, wat
mens deesdae al hoe meer verstom, is die besondere groei op mediese
gebied. Navorsing het baie probleme opgelos, verlig of uitgewys en daar
word natuurlik daagliks gesoek na oplossings vir ernstige siektes
of dinge wat mens se lewensgehalte kan bevorder. Die
ouer geslag het die tyd van die eerste hartoorplanting beleef, maar
deesdae is baie meer gevorderde dinge al gedoen. Die mens se genetiese
samestelling of te wel die sogenaamde “genome”, is vasgestel en daarmee
saam kom baie navorsing en mededelings van genetiese merkers, wat onder
andere dinge soos oordraaglike siektes, ander oorerwingsfaktore en soortgelyke
dinge bepaal. Nuwe ontwikkelings op hierdie gebied
help ook met forensiese wetenskap. Hierdie studie
het 'n doel in wetstoepassing, waar
misdadigers se DNA gevind en gebruik kan word om wetsoortreders
aan te keer en te
straf vir hul oortredings. Ons almal weet watter belangrike rol
tegnologiese ontwikkeling in die ekonomie en handel speel. Kitsbanke,
aanlyn-bankdienste, kettingwinkels
en die handel op die
Internet, in markte wat voorheen nie so maklik vir die eenmansaak of
privaat persoon bekombaar was nie, is nou alledaags.
Die vervoerbedryf
wat insluit moltreine, lughawes, ruimtevaart, skeepvaart, kanale en
hawens speel 'n uiters belangrike rol by veral die vervoer van
noodsaaklike middele, soos voedsel, medisynes en hulppersoneel
na rampgebiede. Laaste
maar nie die minste nie, is die kommunikasiemedia, soos die Internet,
radio, TV en telefoonverbindings. Ons almal weet watter uiters
belangrike plek goeie kommunikasie en behoorlike beriggewing speel. Dit
kan lewens en geld spaar. Die snel waarskuwings van mense in gevaar as
veldbrande of 'n getygolf oppad is, is byvoorbeeld van lewens belang.
Waarskuwings met behulp van die TV, radio, die telefoon, of die
Internet, het al dikwels 'n impak gemaak op die behoud van
menselewens. Die maklike beskikbaarheid van video maak ook dat meer
sienings van 'n saak of sekere gebeure afgeneem en vertoon word aan die
publiek en besoekers op die Internet. Dit lei weer tot beter kennis of
inligting. Die beter mediaapparaat en geleenthede wat die Internet
bied, help dat mense inligting en geleenthede veel,
veel makliker kan deel.
Wetenskaplike inligting, nuus en ook terugvoer oor produkte en dienste.
“Kennis is mag”, sê die ou gesegde. Die geweldige ontploffing wat die
mediategnologie in die algemeen gehad het as gevolg van die
Internetbedryf, het daardie gesegde herbevestig. Eens op 'n tyd het
mense op donkiekarretjies skooltoe gery en nie in 'n vuurwa nie.
Telefone was net by die meer gegoedes te vind en het met 'n
handslingertjie en handsentrale gewerk. Lense was iets wat in
vergrootglase en mikroskope gevind was, terwyl mens deesdae sagte, baie
dun en buigsame lense, kleiner as 'n klein muntstukkie kry wat jy
op jou oog plaas en kan
gebruik om beter te sien. Die mens het sy eerste ruimtevaarders maan
toe gestuur en daar was al 'n Mars-landing. Ons is baie dank
verskuldig aan al die mense wat ons lewens kom verbeter, vergemaklik en
bevorder het met al die tegnologiese ontwikkelings in hul besondere
gebiede. BAIE DANKIE aan die duisende ingenieurs, talle dokters, grosse navorsers,
begenadigde ontdekkers en brawe avonturiers wat die buitelyne van die
kringe van kennis getoets en beter leer ken het. En dit dan nog gedurig
met ons kom deel. Hulle het ons lewens kom verryk en sterk ons hande in
die talle belangrike take wat onsself moet doen,
of ons nou meester,
baas of Klaas is. |
| Die tema Argitektuur, is nie so
eenvoudig as wat mens aanvanklik mag dink nie. Daar kan hoofstukke en
boeke geskryf word oor die onderwerp. Van die vroegste tye af het die
mens die begeerte gehad om meer permanente skuiling te hê of om strukture
te hê waar daar met groter veiligheid teen die elemente,
vyande of gevaar geskuil kan word. Mens lees in Génesis 11 van die maak
van die vroegste boumateriaal naamlik, stene. Die mens se begeerte om 'n
hemelhoë toring te bou, word van vertel in Génesis 13 (Toring van Babel).
Tydens die bouwerke van Salomo om die tempel, die paleise en stede te
bou, word daar nogal baie van die soort beplannings, bouplanne, hout,
klip, bouers en hul werksmetodes en selfs die ontwerpers, wat die
versierings moes ontwerp, gepraat. (1 Konings 5 tot 9) |
| |
|

Kliek foto vir groter weergawe
Plattelandse houthuis |
Dorpies en stede het deels ontwikkel, omdat 'n groep
mense makliker hulself kon beskerm teen gevare as wat enkelinge daarin
kon slaag. Die
behoorlike bou van poorte, stadsmure, toegangsbrûe, uitkyk- of
wagtorings, die waterkanale, ens, het dus alles groot waarde gehad in die
verlede. So lees mens byvoorbeeld van Nehemía en sy stryd om die mure
van Jerusalem herstel te kry, sodat sy volk weer in veiligheid kon woon.
(Nehemía 3 tot 5) |
|
|
| Argitektuur is die skep van strukture, die
wetenskap van aspekte soos grootte, vorm en doel daar rondom, maar in meeste gevalle
ook die estetiese of voorkoms van so 'n skepping. Argitektuur sluit nie
net in geboue nie, maar ook ander stukture soos brûe, paaie, die uitleg
van 'n stad of dorp en alle dele rondom dit. Argitektuur is nie net
doelmatig nie, maar vertoon ook iets van die tyd waarin die voorbeelde
van 'n styl geskep en gebruik was. Dinge soos die doel van die gebou,
kultuur, klimaat en beskikbare hulpbronne in die omgewing, het baie te
make met die keuses van die argitektoniese beplanning van 'n gebou of
groep geboue en selfs 'n stadsgebied, voorstad of dorp. |
|
|
| As mens dink aan voorbeelde van indrukwekkende
argitektuur kom baie imposante strukture in die gedagtes, soos die muur
van China, wolkekrabbers, damme en kanale, sterrewag-geboue,
vuurtorings, lughawens en ruimtestasies, tonnels, sportstadions,
torings, katedrale, paleise, die piramides en die sfinks by Giza,
tempels, monumente en talle ander groot strukture. |

Kliek foto vir groter weergawe
Gedeelte van die muur van China |
| |
| Die belangrikste kenmerke van die Antieke argitektuur, is die voorkoms en gebruik van suile of pilare. 'n Suil met
die kapiteel wat die argitraaf met sy fries en fronton of kroonlys stut,
is tipiese van dié tyd. Die drie belangrikste style in ontwerpe van
Griekse pilare in die Antieke tyd was die Doriese pilare met die basiese
pilare en pragtige versierings in die fries-gedeelte. Tweedens was daar
die Ioniese styl met die tipiese gekrulde deel by die kapiteel en
derdens was daar die Korinthiese styl wat ingewikkelde patrone en baie
versierings in die kapiteel gehad het. Die marmer tempelgebou op die
Akropolis in Athene, naamlik die Parthenon, is tipiese van die Antieke
Doriese styl. Die sewe wonders van die Antieke tyd was almal
groot strukture, wat oa ingesluit het die Vuurtoring van Alexandrië
(Pharos), die Hangende tuine van Babilon, die Kolossus van Rhodos, wat 'n
hawe ingang was en die piramides in Egipte. |
|
|
|

Kliek foto vir groter weergawe
Roosvenster
(deel van 'n Gotiese kerk) |
Gedurende die Romeinse tyd kom die gebruik van die boog
en koepels tot sy reg. Die styl het reeds so vroeg as 3 000 VC in
Babelonië bestaan. Die Palatynse Kapel in Palermo is 'n voorbeeld van 'n
gebou waar die Bisantynse styl pragtig verteenwoordig word. Nog 'n belangrike styl is die Gotiese. Dit is
onderskeibaar deur die besondere hoë spitstorings, groepe pilare, baie
hoë boë en veelvuldige kleiner versierings en toringkies aan stutmure.
Hierdie styl vier hoogty in die 13de en 14de eeue en talle katedrale was
in dié styl gebou. |
|
|
|
|
In die moderne tyd het die ontwikkeling van bronne soos metaal,
staal, beton en allerlei ander soort materiale met unieke en sterk
kwaliteite, die bou van besondere strukture en geboue moontlik gemaak.
Kragtige en groot strukture soos die Panama-kanaal, die Niagara-kragstasies, ruimtesentrums soos dié ene in Houston en die
Internasionale Ruimtestasie, die Kanaaltonnel tussen Engeland en
Frankryk onderdeur die Engelse Kanaal en talle
soortgelyke groot stukture word nou al hoe meer alledaags.
Besondere ontwikkelings, in bv die bou van baie hoë geboue op ronde
albastervormige stutte of vere, wat skokke en aardbewingsgolwe gedeeltelik
kan absorbeer, maak dat wolkekrabbers in aardbewings-geteisterde gebiede, die
skokgolwe met heelwat beter sukses kan hanteer as voorheen. |
| Omgewingsbewarings-pogings het ook reuse strukture soos
groot windlaaiers en sonkragopwekkers laat ontstaan. Gewone woonhuise
maak ook deesdae al hoe meer gebruik van energiebesparende ontwikkelings
soos dakpanele vir die deurlating van natuurlike lig en sonpanele vir
kragopwekking. Kweekhuise vir die produseer van voedsel word ook al hoe
meer doeltreffend gebruik. Dit is die goeie beplanning van sulke
biologiese sfere of kweekruimtes wat beter resultate met voedselproduksie
al hoe suksesvoller maak. |

Kliek foto vir groter weergawe
Pierre Laporte Brug |
| |
| Die woord argitektuur is afgelei van die Griekse woord
arkitekton (meesterbouer).
Argitektuur word juis in daardie sin ook gebruik in talle ander gebiede.
Die hooftoepassing van die uitdrukking verwys gewoonlik na die opgeboude
omgewing, maar die omvang van die woord is uitgebrei na die kuns en
dissipline vir skepping van 'n plan vir enige ingewikkelde voorwerp of
stelsel.
So word daar rekenaar-argitektuur gevind in beide die harde- en
sagteware omgewings, sowel as die Internet-diensverskaffings areas.
'n Mens se persoonlike rekenaar of werkstasie het sy eie argitektuur
en so ook al die netwerke en databasisse rondom dit. Die kommunikasiewese bestaan
grootliks uit sulke argitekture. Dit kan ook verwys na die implisiete
argitektuur van wiskunde of abstrakte dinge soos musiek, die oënskynlike
argitektuur van natuurlike dinge, soos geologiese formasies of
biologiese selle, of mensgemaakte dinge soos organisasies. In elke geval
word 'n argitektuur gesien as 'n subjektiewe menslike perspektief van
die verwantskappe tussen die komponente van 'n soort struktuur of
stelsel. Argitektuur omsluit dus nie net die
styl en bou van geboue in nie, maar is die wetenskap van die ontwerp,
bou, skepping of waarneming van strukture, hetsy fisies of abstrak. |
| |
| Lees meer oor Stede |
| Lees meer oor Brûe |
| Lees meer oor Kastele |
| Lees meer oor Vuurtorings |
| Lees meer oor
Pretparkstrukture |
| |
| |





















































|