Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies
|
|
|
|
 |
|
|
Die wonderlike wêreld van die natuur 4
|
|
|
|
Troeteldiere
Baie van ons is in die bevoorregte posisie om pragtige en oulike
troeteldiere te hê. Of dit nou goudvissies in 'n akwarium of groot
honde is, troeteldiere bring gewis baie
vreugde in die lewe van hul eienaars.
Daar is eienaardige troeteldiere, maar die meeste mense is tevrede met
honde, katte, kanaries, papegaaie, perde, hasies, marmotte, vissies of
wit muise vir troeteldiere.
Hoewel dit opsigtelik is hoe mense en veral kinders die geselskap van
troeteldiere geniet, is daar ook dieperliggende voordele aan die samesyn
met toeteldiere. So is daar deur wetenskaplikes bepaal dat
wanneer mense wat
gestrem of siek is 'n troeteldiertjie soos 'n hondjie streel, hul
bloeddruk begin daal na 'n meer normale vlak. Die pasiënte is ook meer
ontspanne en glimlag selfs.
|
 |
|
|
|
Troeteldiere moet met sorg gekies word en het redelik baie behoeftes.
Die kos moet toepaslik wees, rus of slaapplek moet behoorlik ingerig
wees en sommige diere moet geborsel of geroskam word. Baie vra gereelde
oefeninge, soos om te gaan stap of met 'n bal
te speel. Besoeke aan die veearts is ook belangrik en liefdevolle
versorging op 'n volgehoue basis is van primêre belang. Hoewel
troeteldiere kinders leer om verantwoordelikhede al hoe beter te
bemeester, word dit nie aanbeveel om 'n troeteldier, wat baie versorging
nodig het, vir 'n te jong kind te
gee nie. Slegs as ouers of ouer broers of susters bereid is om te help
met die versorging, kan so iets oorweeg word. Dit is ook uiters nadelig
vir bv. vir klein katjies of hondjies om sommer skeef opgetel te word
deur 'n baba of peuter. Vir beide die troeteldier en die kindjie, want
die diertjie kan dalk byt of krap, omdat hy seerkry. Troeteldiere
vervul ook groot rolle as werkersdiere of geselskapsdiere. So is daar
die honde wat deel van redddingsspanne uitmaak by rampsituasies, honde
wat deel van die polisiemag vorm, of honde wat as gidshonde dien vir
blindes. Daar is ook honde wat ander gestremdes help met hul huishouding, bv.
om items nader te dra. Honde word ook by sommige mense wat aanvalle
kry, gebruik. Blykbaar kan sommige honde die aanloop
tot die aanval waarneem, agv die
verandering in die persoon se asem- of velreuk voor so 'n aanval.
Die hond kan
dus die persoon help om 'n veilige sitposisie in te neem voor die
aanval 'n aanvang neem en voorkom dat die
persoon nie val en seerkry
nie.
Perdry is al deur mense gebruik in gevalle waar persone deur
traumatiese ervarings gegaan het en sukkel om weer sosiaal deel te neem
aan gesprekke. Vriendskappe met perde is bekend vir baie eeue en word
soms by oorlogsverhale gelees, maar die terapeutiese waarde van perdry
en die versorging van die dier word deesdae al hoe meer belig.
Hoewel verhale van hondehelde baie die lig sien, is daar tog ook
verhale van katte wat mense gewaarsku het teen aardbewings,
'n brand in die
huis, of aankomende storms. Daar was ook katte wat hul eienaars wakker gemaak het
toe inbrekers wou probeer kwaaddoen.
Troeteldiere is wonderlik, maar bly 'n baie
groot verantwoordelikheid. Kom ons gee hul die liefde en versorging wat
hulle nodig het. Ons sal beslis beloon word met 'n veel groter
onbaatsugtige vriendskap en liefde as wat ons ooit
self kan gee. |
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
 Labrador
Groter weergawe |
Honde Honde, soos vosse, jakkalse en wolwe
behoort aan die familie Canis. Die wildehonde en Dingo's is ook waarskynlik deel van
hierdie groot groep diere.
Die hondefamilie is al van oudsher af deel van menslike nedersettings en het die
titel "man's best friend" deur en deur, soos tyd verloop het, verdien en bewys.
Volke soos die Egiptenare, Grieke, Assiriërs en Romeine het in hul kunswerke en
geskrifte honde ten toon gestel en beskryf en die Farao-hond kan byvoorbeeld by
hiërogliewe gesien word. |
|
Honde neem waarskynlik eerste plek in as keuse vir 'n
troeteldier en die veelsydigheid van rasse is oorweldigend. Honde varieer in grootte vanaf
die groot rasse, soos die Engelse Mastiff, die Great Dane en die Ierse Wolfhond, tot die
skootsitter-brakkies, soos die Chihuahua, 'n Meksikaanse ras, die Papillon, die
Pomeranian, die Yorkshire Terriër en talle ander. Sommige soorte het
gladde hare waarvan die Windhonde, Bul Terriër en Wolfhonde deel vorm. Ander soorte het
krulhare soos die Poedels en Bedlington Terriërs. Nog ander het mooi lang en sagte hare
soos die Maltese, Labradors en Kolliehonde.
Party honde het spitsgesigte soos die Keeshond, Samoyed, Husky en die
Foksterriërs en ander het plat gesigte soos die Pug en Bulhonde. Daar is ook die wat
koddig kort op die bene is, soos die Dachshund (beter bekend in die volksmond as
Worshondjies), Welsh Corgi's of die Skotse Terriërs. Die Chow-Chow's het die besondere
kenmerk van hulle blou tonge en daar is selfs 'n ras wat byna geen hare het nie (Chinese
Crested Dog), wat al sedert die Hang-dinastie bekend is en die Chinese Sjarpei, wat lyk
asof sy vel oral rimpel en om hom vou soos 'n los kombers.
Daarby het talle honde, benewens die feit dat hulle waarde toevoeg tot hul
eienaars se lewens, ook nog nut as deel van die sg. werkersklas of hulphonde. Dit is is
veral hul goeie reuk- en sig- sintuie wat hulle so bruikbaar maak op hierdie terrein. In
die werkersgroep vind mens die gidshonde wat hulp verleen aan blindes, maar ook ander
hulphonde wat aan dowes of ander gestremdes hulp gee. Toetse deur navorsers het ook
getoon dat pasiënte se bloeddruk byvoorbeeld daal as hulle 'n hond streel en vandaar die
gebruik van terapie-honde by pasiënte.
Duitse Herdershonde (Alsatians), Bloedhonde, Doberman Pinchers, Rottweilers en
andere word deesdae baie goed gebruik as polisiehonde, sekuriteits-hulp en as snuffelaars
by ramp- of oorlogsgebiede. Daar word ook honderasse, wat goeie swemmers is, soos
Portugese waterhonde en die Newfoundlanders, by waterreddingswerk aangewend. Die St.
Bernard's is bekend vir hul opsporingswerk tydens sneeustortings. Tydens die vorige eeu is
Dalmatians gebruik saam met brandbestryding. Aanvullend tot die hondewerkers-korps is daar
honde soos die Border Kollie, Bernese berghond, Ou Engelse skaaphond en Belgiese
skaaphond, wat baie goeie wagters of skaap- of ander veeherders uitmaak. Hierby kan ook
sleehonde genoem word, soos die blou-oog Alaska Malamute, waarsonder die volke naby die
Noordpool baie moeilik oor die weg sou kon kom gedurende die vorige eeue. |
|
|
|
Daar word beraam dat die markte vir items rondom troeteldiere al
hoe meer groei en dat mense nou deesdae vir hul honde al hoe meer Kersfeesgeskenke en
allerlei items en speelgoed koop. Dis serpies, brakkie-jakkies, reënjasse, hoedjies,
truitjies, skoene en "doggles" (brille vir honde wat in sneeu-areas moet werk).
Praat nie eens van die kombersies, mandjies, bakke, matrasse, bedjies en vele ander items.
Vir baie mense is hul "brakkies", ras-eg of nie, te dierbaar mooi en word net
soos kinders behandel. |

Maltees
Groter weergawe |
|
|
|
Honde het oefening, goeie sorg en liefde nodig. Kom ons geniet hulle en
waardeer hulle, want hulle is van die mens se beste vriende. Skakels met
meer inligting oor honde:
|
|

Groter weergawe |
Skattige Katte Die katsoorte sluit in diere soos
luiperds, leeus, jagluiperds, rooikatte, jaguars, tiers, die
sneeuluiperds en dan ook die huiskat.
In die antieke tyd is katte soms aanbid en soms vernietig. Baie
bygelowe is deel van die huiskat se geskiedenis, maar ons weet deesdae
van beter. Die huiskat is al eeue deel van die mens se lewe. Net soos
honde, het hierdie troeteldiere baie mense se harte gesteel. |
|
Katte is nogal baie onafhanklik van geaardheid. Hulle
was aanvanklik aangehou in plekke soos kloosters, skure, groot geboue,
tonnels en soortgelyke areas, om muis- en rot-aanwas te beperk. Sodoende
is plae wat deur knaagdiere en hul vlooie, luise of ander siektes
oorgedra was, onder beheer gehou.
Daar is 'n hele aantal soorte huiskatte. Dit sluit in onder andere:
Siamese katte, die Birmese en Persiese katte, die Europese katte en nog
talle meer. |
|
Katte wissel van kleur en die pels kan kort of lank wees,
soos by die Persiese katsoorte, asook glad of gegolf. Die pelskleure wissel
geweldig. Daar is die donker- en liggrys gestreepte katte, of sg. "tabby"-tipe, die swartes met die wit vlek op die bors en aan die pootjies.
Dies met die skilpaddop-patroon op die rug, die lig bruingeel van die
Siamese katte, die dowwe effekleurige grys van die langhaartipes,
asook spierwittes en nog vele, vele meer. Katte het gewoonlik lang
sterte, maar stompstertkatte kom ook hier en daar voor. |

Groter weergawe |
|
Klein katjies is baie spelerig, maar selfs ouer katte
kan nog heerlik speel met 'n bol wol of stukkie toutjie. 'n Nat sagte
neusie en skoon pienkkleurige oortjies is 'n teken van 'n gesonde klein
katjie. Katte het snorretjies en lang ooghare waarmee die geringste
beweging in lug waargeneem kan word. |
|

Groter weergawe |
Katte het gereelde eettye met gebalanseerde etes en voldoende skoon
water nodig. Klein katjies het 4 etes 'n dag nodig wat later na 3 en dan
2 etes 'n dag afgeskaal kan word soos die kat groei en volwasse word.
Katte geniet dit om geborsel te word en veral langhaarkatte baat by
dit. Strek en rek is een van hul daaglikse roetines. |
|
Katte is nuuskierig van geaardheid en oop kasdeure,
kartonne, mandjies en selfs laaie het groot aantrekkingskrag. Oulike
speelgoedjies soos viltmuise, veertjies op toutjies en selfs klein sagte
speelgoedjies soos balletjies of poppies, is deesdae beskikbaar. Groot
katklimhuise of kunsmatige krappaaltjies vir woonstelbewoners se katte,
is deesdae te koop. Katleibandjies is ook te kry vir persone wat graag
met hul katte wil gaan stap. |
|
Katjies kan vir die eerste 2 na 3 weke nie baie goed
hoor nie, maar sommer gou is hulle gehoor selfs beter as dié van honde.
Hul ogies is toe as hulle gebore word, maar kort voor lank gaan die
ogies egter oop en begin die spelery met hul boeties- en
sussie-katjiefamilielede. Dis dan dikwels 'n wilde rondgespring,
gestoei, hop en trippel, gejaag en omgetuimel soos die katjies speel en
met dolle vaart rondbaljaar. |

Groter weergawe |
|
Na so 'n heerlike speelsessie volg gewoonlik 'n rustige
slaapsessie. Katte is nogal gedugte slapers en kan soveel as 17 uur per
dag (~70% van 'n dag) slaap, as hulle
toegelaat word! Dalk is dit die rede vir hul slanke, soepel lywe. Katte het 'n goeie was-roetine. Die sagte gekussingde voorpoot word
gelek en dan word die gesig skoongemaak. Die res van die lyf word ook
geroetineerd gelek met 'n rasper growwe tong. Die naels is halfmaan
gekrom en vlymskerp. Dit word elkeen onafhanklik teruggetrek in 'n
naelskedetjie, as die kat nie boomklim of prooi eet of die naels nodig
het nie. Dié van ons wat al katte gehad het vir troeteldiere, weet hoe slim hulle
is en dat hulle heerlike geselskapsdiere is. Katte bly
bobaas-troeteldiere, wat bydra tot ons lewensvreugde. Skakels met
meer ditjies en datjies oor katte:
|
| |





















































|