|
|
|
 |
|
|
Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Die wonderlike wêreld van die natuur 6
|
|
Insekte Insekte is deel van die phylum Artropode. Ander
klasse in hierdie hoofgroep is diere soos krappe, krewe,
spinnekoppe, skerpioene, duisendpote en nog talle ander. Die insekte is egter die
grootste klas met meer as 900,000 spesies. |

Kliek foto vir
groter weergawe |
|
|
|
Insekte word uitgeken aan die feit dat hulle
geleedpotig is met 'n eksoskelet en gewoonlik 3 pare pote en die
meerderheid het
ook vlerke. Insekte kom in die meeste wêrelddele voor.
Van die insekryke oerwoude waar dié diertjies in hul veelvoudige en
veelkleurige vorms voorkom, tot die koue Antartika. Van die dorre
woestyne tot die diep grotte met hoë humiditeit. Sommige insekte
kom oor wye gebiede voor en andere weer net in baie spesifieke areas.
Insekte verskil in grootte, kleur en vorm. Daar is saamgestelde oë,
enkelvoudige ogies kan ook wel voorkom en die monddele word vir
verskeie funksies aangewend soos byt, suig of prik. Die gelede
voelhorings dien vir tas, reuk, sowel as kommunikasie. Die bors wat uit
drie segmente bestaan, het elk 'n paar gelede pote en meestal ook twee
stelle vlerke. Iets interessants wat by sommige insekte
voorkom, is metamorfose. Daar is twee soorte metamorfoses. Die volledige
en die onvolledige vorms. Insekte lê eiers en by die volledige
metamorfose kom daar 'n ruspe uit die eiertjies, wat dan later 'n papie
word, waaruit die volwasse insek na vore kom. Sommige
insekte het nie 'n papie-stadium nie, maar daar is gewoonlik dan 'n
nimf-stadium. |
|

Kliek foto vir
groter weergawe |
Skoenlappers is so pragtig kleurvol en baie gewild. Baie mense stel
belang in hulle en neem graag foto's en lees op oor dit. Daar is selfs
vlindertuine in plekke soos
Maleisië en in spesiaal geskepte areas van
dieretuine reg oor die wêreld. |
|
|
|
Mens is terdeë bewus van die skade wat insekte kan
aanrig. Die boerderybedryf, tuinbou en talle ander plekke het baie kere
probleme met dié klein diertjies. Insekte dra ook siektes oor. Die 10
plae waarvan in die Bybel gepraat word, het oa muskiete, steekvlieë en
sprinkane genoem as plae. |
|
|
|
Tog is daar ook groot waarde en nut by sommige insekte.
Daar is byvoorbeeld die afbreek van afvalstowwe wat deur meeste insekte
gedoen word. Die bestuiwing van plante, wat noodsaaklik is vir
vrugwording, voedsel en saad is 'n uiters belangrike taak van insekte.
Insekte is ook 'n voedselbron vir ander diere en benewens bye se
geweldige bydrae aan bestuiwing van vrugtebome, ander voedselsoorte,
blomsoorte ens, verskaf hulle ook heerlike en gesonde heuning. |

Kliek foto vir
groter weergawe |
|
Vir meer inligting oor insekte besoek enige van die volgende webtuistes.
|
|
 |
|
|
|
Top Tien Tulpe Tulpe het is nie net pragtig nie, maar het 'n
interressante geskiedenis. Tulpe het so gewild geraak in Holland in die eerste deel van
die 17de eeu, dat tot 'n woord, nl. tulpomania, ontstaan het.
Tulpomania is die koorsagtige begeerte om tulpbolle te bekom en te kultiveer. Groot somme
geld is gedurende hierdie goue eeu van tulpe van hande verwissel.
Vandag bly tulpe nog steeds baie gewild en word wêreldwyd bemark en uitgevoer
vanaf Holland. Hoewel die Noordelike halfrond die tulpemark begin het, het die verbouing
van tulpe tog uitgebrei na ander lande, soos Amerika (bv. die Pella tulpefees in Iowa) en
Suid-Afrika (Belfast-Dullstroom omgewing). Dan het Kanada ook jaarliks 'n groot tulpefees
om vrede en vriendskap te herdenk. |
 |
|
|
|
Tulpsoorte varieer geweldig. Daar is effe-kleure, gespikkeldes en
dubbelkroonblaarsoorte. Die tradisionele groot rooi en geel tulpe bly baie gewild, maar
die kartelrand "parrots" is miskien die mees eksotiese van die hedendaagse
uitvoere. Vir meer oor hierdie pragtige groep bolplante, sien ook:
|
|
|
|
Lieflike Lelies Lelies is een van die mees veelsydige plantsoorte. Daar
is 'n veelkleurige geskiedenis vir plante in hierdie groep, of plante wat in die volksmond
as lelies bekend staan. Die Bybel maak talle aanmerkings oor lelies en snaakse plante wat
glad nie soos lelies lyk nie, word tog onder hulle geklassifiseer. So kry mens bv. die
eienaardige Josuaboom (Yucca brevifolia) wat in woestynagtige wêrelddele aangetref word.
Hierdie doring-kaktusagtige plante se bestuiwing word aangehelp deur die Pronuba motjie.
Om meer te wete te kom oor lelies, kyk na: |
 |
|
Om meer te lees oor die Josuaboom, kyk by: |
|
| |





















































|