ADSA Advertisement Service for the Christian Community

Reken nou net! 14

 

 Opgedateer: 16 Augustus 2008 ** Updated: August 16, 2008

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies

 

 

 

Die mens en sy dinge 4

 

Pretparke: 'n Gillende ervaring

Die sukses van pretparke is waarskynlik te wyte aan die talle elemente wat dit inkorporeer. Dit verskaf vermaak, maar anders as met 'n gewone speelgrond, waar net kinders op die swaaie, klimrame en gly-en wipplanke speel, is daar by die pretpark ry-apparaat en ander vermaak vir volwassenes ook.

Die idee van die pretpark is baie oud en het al in die 15de eeu na vore begin kom. Dit het moontlik sy oorsprong by antieke en middeleeuse feeste en handelskoue.


Kliek foto vir
groter weergawe

 
Die ou tipe kermisse of dorpsfeeste, waar vuurwerke, ritte, kosstalletjies, danse, opvoerings en poppespel raakgeloop kon word, was die saamkomplek van talle gemeenskappe, waar nuus, goedere en inligting uitgeruil en gedeel was.

'n Groot versameling van byeenkomste het almal maar eienskappe van die pretpark-idee. Dit sluit in feeste, skoue, karnavalle, kermis, fête en selfs vlooimarkte. Sulke geleenthede is gewoonlik gehou kort na oestye of om een of ander belangrike geleentheid te vier. Die doel van al sulke byeenkomste is om die gemeenskap die geleentheid te gee om ware te ruil, te bemark, te verkoop en bekend te stel. Die res van die bedrywighede op die kermisterrein is dan tot vermaak van besoekers. Een van die oudste pretparke is Bakken (Dyrehavsbakken) in Kopenhagen, wat in 1583 geopen het.

 


Kliek foto vir groter weergawe

Deesdae het die gewone ou pretpark geweldige gedaantewisselings ondergaan, omdat al hoe groter ryapparate vir pretritte beskikbaar word en nog steeds ontwikkel word. In die 1800's het pretparke begin gewild raak in Amerika. Gedurende die Chicago-wêreldfees, wat ter viering van Columbus se ontdekking van die "nuwe wêreld" gehou was, is die reuse wiel (ferris wheel), bekend gestel. Dié eerste reuse wiel, wat 80 meter of dan 264 voet hoog was, was ontwerp en gebou deur George Washington Gale Ferris, Jr. Variasies op die gewone ferriswiel was die dubbel- en trippelwiele. Die gebruik van 'n reuse wiel of kermiswiel was dadelik gewild en bly nogsteeds een van die belangrike ritte by pretparke. Ander ryapparate is mallemeulens, stoelrondomtalies en tuimeltreine.
 
Sommige pretparke, wat rondom die idee van 'n tema geskep word, is ook al hoe meer aan die orde van die dag. Van die mees bekendste tema-pretparke is sekerlik die reeks Disneyparke, wat rondom die verskillende temas van Disney se fantasie-karakters uit sy films begin is. Six Flags in Texas, is nog so 'n tema-pretpark, asook Bobbejaanland in België.
 
Deel van die toenemende gebruik van die pretpark-idee, vind ook deesdae beslag in die reuse winkelsentrums, waar pretritte en fantasie-areas deel van die res van die omgewing vorm. 'n Goeie voorbeeld daarvan is die West Edmonton Mall in Kanada, waar die pretpark 'n deel vorm van die totale inkopie-ervaring.


Kliek vir groter weergawe

 
Ander noemenswaardige pretritte wat deel vorm van pretparke, is die rondomtalie ("merry-go-round"). Dit is veral kleuters en jong kindertjies wat die perdjies, wat so draai en draai om 'n spilpunt, baie geniet.

En wat sou 'n pretpark nou wees sonder die groot swaaie, die waterglybane, die mini-gholfbane, die tuimeltrein (roller coaster), die spookhuis en grappige spieëls? Om nie eens te praat van die pragtige veelkleurige ballonne, grapmaker-narre, gooispeletjies, worsbroodjies, springmielies en spookasem nie!

 

Lees meer by:

www.merrygoroundmuseum.org
Ferris Wheell

 

Ps 118:24 Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

Ps 118:24 This is the day which the LORD hath made; we will rejoice and be glad in it.

 

 

 Bybels
 Lees
 Lees 2
 Lees 3
 Lees 4
 Lees 5
 Lees 6
 Rekenaar
 Rekenaar 2
 Rekenaar 3
 Reken nou net
 Reken nou net 2
 Reken nou net 3
 Reken nou net 4
 Reken nou net 5
 Reken nou net 6
 Reken nou net 7
 Reken nou net 8
 Reken nou net 9
 Reken nou net 10
 Reken nou net 11
 Reken nou net 12
 Reken nou net 13
 Reken nou net 14
 Swartlys

 Dienste
 Gebeure
 Help
 Poste
 Produkte
 Skole
 Vermaak

 Mediakaart
 ADSA
 Media Map

 Bibles
 Computer
 Computer 2
 Computer 3
 Read
 Read 2
 Read 3
 Read 4
 Read 5
 Read 6
 Blacklist

 Entertainment
 Events
 Help
 Jobs
 Products
 Schools
 Services

Op|UpBiblesBybelsLees|ReadLees 2|Read 2Lees 3|Read 3Lees 4|Read 4Lees 5|Read 5Lees 6|Read 6Rekenaar|ComputerRekenaar 2|Computer 2Rekenaar 3|Computer 3Reken nou net!Reken nou net! 2Reken nou net! 3Reken nou net! 4Reken nou net! 5Reken nou net! 6Reken nou net! 7Reken nou net! 8Reken nou net! 9Reken nou net! 10Reken nou net! 11Reken nou net! 12Reken nou net! 13Reken nou net! 14

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
 

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2008
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads