|
Lig Lig kom oorspronklik van talle voorwerpe
af, hoofsaaklik vanaf die son. Dit kan ook op kunsmatige maniere verwek
word, oa deur elektrisiteit. Lig is 'n stralende energie
(elektromagnetiese straling van golwe) wat die visuele sensors prikkel
en deur die oog waargeneem en deur die brein vertolk word. Die strale wat
sigbaar vir die mens is, wissel tussen 3900 en 7700 angstrom en dit
beweeg teen die spreekwoordelike ligspoed van ongeveer 299,792.5
kilometers per sekonde in 'n vakuum. Natuurlik verander die spoed as dit
deur voorwerpe gaan. Lig bestaan uit klein lig-energiedeeltjies, genoem
fotons. |
|
Daar is ook ander elektromagnetiese strale wat nie sigbaar is vir die menslike oog nie, soos
infra-rooi, ultra-violet en mikrogolf-, gamma- en x-strale. Lang golwe
is bv. radiogolwe en kortes is x-strale. Ligstrale volg 'n reguit pad,
totdat dit deur 'n blink oppervlakte weerkaats word. Dit word dan
weerkaatsing genoem. Deur sommige stowwe binne te dring kan ligstrale
ook gebreek word en in die proses word die spoed dan ook verander. Dit
word refraksie genoem, maar staan ook bekend as ligbreking of
straalbreking. |

Groter weergawe |
|

Groter
weergawe |
Voorwerpe absorbeer sekere kleure en weerkaats ander. Kleur bestaan uit
verskillende golflengtes van kleur, met swart as die ene wat alle kleure
absorbeer en niks uitstraal nie. By groen plante word alle kleure
behalwe groen geabsorbeer en dus is groen alle kleure behalwe groen.
Dieselfde geld vir ander kleure. As 'n voorwerp bv rooi lyk is die
voorwerp eintlik alle kleure behalwe rooi. Die naam vir 'n kleur word
dus gegee nav die kleur wat weerkaats word. |
|
Sonlig bestaan uit verskillende golwe en om daardie rede kan kleure soos
rooi, groen, ens, gesien word as 'n prisma gebruik word om straalbreking
te veroorsaak. Daglig bevat al die kleure en daarom kan mens al die
kleure in reënboë waarneem as die son op vogtigheid en druppels
weerkaats. Die reënboog se kleure is in die volgende volgorde: rooi,
oranje, geel, groen, blou, pers of dan indigo en violet. Dit is die
enigste strale wat op natuurlike wyse sigbaar is vir die mens en 'n
totale kombinasie van die kleure word witlig genoem. Dit is Newton wat
ongeveer 1670 agtergekom het dat sonlig 'n kombinasie van al bg kleure
is. Die hemel is bv blou, omdat sonlig op die molekules in die lug val en die
lig strooi. Omdat blou meer verstrooi as ander kleure, lyk die lug dan blou. |

Groter weergawe |
|
Optika is die studie van lig en 'n spektroskoop is een van die
belangrike instrumente wat gebruik word om lig te op te breek, sodat die
eienskappe van lig beter bestudeer kan word. |
|

Groter
weergawe |
By plante kan die groot invloed van lig goed waargeneem word. Lig het 'n
invloed op die chlorofil in plante. Die chlorofil word in staat gestel
om koolstofdioksied uit die lug te neem as voeding en dan suurstof
beskikbaar te stel. Hierdie proses is natuurlik lewensbelangrik vir alle
lewende wesens, omdat ons suurstof inasem en daarvan leef. As dit
donker is, stel plante egter ook koolsuurgas vry en absorbeer suurstof net soos ons. Sonlig en die groei van bome, plante en groot woude is
dus baie belangrik vir die mens se welsyn. |
|
Die invloed van lig op die mens se gees kan ook waargeneem word in die
behandeling van bv depressie. Dit word ook beweer dat die mens seisoenwisselinge
goed kan waarneem deur lig se veranderinge in die verskillende seisoene
en dat persone wat nie baie daglig sien nie, sekere kwale kan ontwikkel
en ook 'n tekort aan Vitamien D kan hê. In die dele ver van die ewenaar,
soos Kanada en Noord-Europa, waar
daglig ure min is en die winter soms langer kan luier, neem mense
Vitamien D-aanvullings. |
|
Ander noemenswaaardige onderwerpe om aan te raak by die tema van lig is
weerkaatsings, lense en lasers. Weerkaatsings vind plaas as 'n
voorwerp die ligstrale wat dit ontvang terugbons. Wateroppervlaktes,
vensters en spieëls kan almal weerkaatsings in 'n meerdere of 'n mindere
mate gee. |

Groter weergawe |
|
Lense wat in voorwerpe soos kameras, teleskope, brille, verkykers,
kontaklense en vergrootglase gekry word, dien almal om beelde te
verskerp, vergroot of aan te pas. Lasers maak intense en hoogs
gekonsentreerde ligbronne, wat lig in 'n baie smal parallelle bundel
uitstraal. Laserstrale word
reeds in die mediese-, telekommunikasie- en vermaakbedrywe aangewend. |
|
Lig wat eienskappe van beide golwe en partikels vertoon,
is 'n wonder-natuurelement wat nog baie slimkoppe aan die dink hou. Ons
sien hoe dit benut kan word, hoe dit soms lyk en optree, maar oor wat
lig presies is, sal daar nog jare der jare oor beredeneer, bestudeer en
nagevors moet word. En God het gesê: Laat daar lig
wees! En daar was lig.
Toe sien God dat die lig goed was...
Génesis 1:3-4 |
|
 |
|
|
|
Kuns Soos Margaret Wolfe Hungerford tereg in haar boek Molly
Bawn aandui, "Beauty is in the eye of the beholder". Dit is vir kuns
beslis so. Kuns is een van daardie elemente wat sterk gewortel is in
mens se kultuur en opvoeding, die bevolking waaruit jy kom, die
geloofsoortuiging wat jy het en ook die geleenthede wat daar mag wees,
beide in sosiale en finansiële opsigte. Kuns bestaan al vir eeue der
eeue en
mens lees sommer vroeg in die Bybel, daar in Génesis, die volgende: "Die naam van sy
broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite
speel."(Gen 4:21) Kuns is meestal iets wat bedryf word as stokperdjie
of tydverdryf, maar daar is nogtans sommiges wat so bevoorreg is om hul
kunstalente voltyds as 'n beroep te kan aanwend. Daar is 'n ontelbare
horde kunssoorte en daar is ook nog ander wat ontwikkel word. Die doel
van hierdie artikel is nie om die talle kunsrigtings, periodes of style
te bespreek nie, maar eerder om 'n paar bekende kunsvorms te belig. |
|
|
|
_small.jpg)
Groter
weergawe |
Musiek: By musiek is lirieke, bladmusiek, musiekinstumente,
sang en dans ingesluit. In die verlede was daar pragtige musieksoorte,
soos bv barok en klassieke musiek. Musiekmeesters soos Handel, Mozart en
Beethoven het die dirigeerstokkie geswaai. Koormusiek, operas,
musiekblyspele en operettes, kamermusiek en vioolmusiek is alles deel
van die kuns van musiek wat vele genot verskaf. |
|
Beeldhouwerk: Dit
sluit in die tipiese werk wat aangewend word by die skep van beelde met
watter medium ook al, bv. klei, steen of hout. Pottebakkery en
keramiekwerk sluit ook hierby aan. In hierdie groep kan die ongewone
ook genoem word, soos yskerfwerk, wat mense in lande soos Kanada in die
wintertye doen en ook die skep van groot sandkastele of sandfigure. |
_small.jpg)
Groter weergawe |
|
_small.jpg)
Groter
weergawe |
Skilderkuns: Daar is die algemene skilderkuns,
met bekende skilders soos Da Vinci, Rembrandt en Monet en met bekende
skilderperiodes, soos bv. Impressionisme, Art Deco, Gotiese Styl, Barok
en nog talle ander.
Hierby kan ook ingesluit word verfwerk op ander items, soos lapverfwerk,
waaronder bv. syverfwerk melding verwerf. Tole of Volkskuns is ook van
toepassing. Verfdrukwerk en sjabloneerwerk, of dan verfwerk met
"stencils", is ook deel van dié groep. |
|
|
|
Naaldwerk: By hierdie kunssoort is daar die ontwerp en maak van
klere, hetsy as mode-item of as werksdrag. Die skep van baie soorte
produkte vir die huis soos linne, kombuisversierings, tooikussings,
matte, gordyne en nog baie ander. Onder hierdie afdeling kan ook die
kunsnaaldwerk en borduurwerk geplaas word. Dit sluit in die skep van
items met siersteke, soos bv appliek en kerspitwerk, asook borduurweef
van bv. tapisserieë. Kralewerk, laslappiewerk en talle ander soorte
pragtige kunsnaaldwerk is hierby ingesluit. |
|
|
|
Argitektuur: Argitektoniese werke en tuinuitleg word dalk nie
altyd as kunswerke beskou nie, maar daar is tog baie geboue, monumente
en allerlei suile of loopgange, wat alles so ontwerp kan word dat dit
tesame met die tuine 'n pragtige geheel vorm. Ou kastele is voorbeelde
van argitektoniese- en tuinuitlegkuns. Literatuur: Die sluit
die werke in van bekende skrywers soos N P Van Wyk |

Groter
weergawe |
|
Louw, Eugene Marais, Langenhoven, Shakespeare, Arthur Conan Doyle,
Alexander Dumas en duisende ander. Digkuns, dramas, kortverhale en romans is alles
leesstof wat ons lewens verryk. |
|
Tekenkuns: Hierdie kunsvorm is seker een van die eerstes wat
mens mee kennis maak as kleuter. Dit vorm die basis vir baie ander
kunsvorms en kan insluit teken met kryte, pastelle, potlode en penne.
Hierby kom ook deesdae die tekenwerk op rekenaars deur die gebruik van
sagteware programme. Weefkuns: Die weefkuns is 'n baie ou kunsvorm, maar met die
meganisering van groot masjiene wat weefwerk in baie korter tye kan skep,
het dié kunsvorm 'n groter rol begin speel in bv. die maak van matte en
die weef van materiaal. 'n Anderse soort weefwerk is die werk wat nog
met die hand gedoen word vir die vorm van mandjies ens. Daar is
rottangwerk, grasweef of die weef van ander artikels met natuurlike
materiale ter sprake. |
|
|
|
_small.jpg)
Groter
weergawe |
Blommerangskikkings, voedsel-garnering en
geleentheidskoeke: Blommerangskikkings, hetsy met vars of
gedroogde blomme, asook die maak van potpourri en die droog van blomme
en geparste blomme, is deel van hierdie kunsvorm.
Die versiering en afronding van 'n gereg en die versier van
verjaardag-, doop- of troukoeke is alles heerlike kunsvorms wat bedryf
kan word en sommer so in die kombuis. |
|
|
|
Hekel-, Brei en Knoopwerk: Hekelwerk was 'n kunsvorm wat
baie gewild was by ons ouma's en oumagrootjies. Deesdae word dit
minder gesien, waarskynlik omdat 'n mens vernuftig moet wees om dit aan te leer.
Dit bly egter 'n pragtige kunsvorm. Breiwerk is nog baie aan die orde
van die dag en mode-ontwerpers kies dikwels nog breiwerk om weer die oog
te vang met 'n nuwe gewaad. Breiwerk word ook met industriële masjiene
geskep en baie algemeen gebruik vir byvoorbeeld truie, ens. Knoopwerk kom
in verskeie groepe voor, maar die bekendste is waarskynlik matknoopwerk
en deurstik-knoopwerk, soos danella-werk en macramé. |
|
Uitvoerende kunste: Hierby ingesluit is
teater en straat- en mark-optredes soos mimiek, sang, dans en toertjies
uitvoer. |

Groter
weergawe |
|
Fotografie en videografie: Hierdie kunsvorms was aanvanklik
net vir kundiges en persone wat die duur apparaat kon bekostig. Met die
koms van digitale kameras, het fotografie meer toeganklik geword vir die
algemene publiek en is die mark en Internet deesdae oorspoel met pragtige foto's en
video's wat deur Jan Alleman afgeneem is. |
|
|
|
_small1.jpg)
Groter
weergawe |
Digitale kuns: Hierdie kunsvorm het ontstaan met die koms
van die rekenaar en word al hoe meer bedryf, omdat persoonlike rekenaars
al hoe meer gebruikersvriendelike sagteware en programme kan verwerk. Ou
bekendes soos skilderwerk, tekenkuns en ontwerp baat almal hierby,
maar nuwe kunsvorms ontstaan ook wat spesifiek gemik is vir vertoon en
gebruik op die rekenaar en die Internet. |
|
|
|
Digitale kuns word veral ontwikkel in rekenaarspeletjies, advertensies en die skep
van webtuistes. Dit word ook gebruik in films en stukkies video, om bv.
kunsmatige agtergrond of deesdae selfs karakters te skep. Dit het so
gevorder dat dit selfs vir vollengte films aangewend word. |
|
|
|
Nog bekende kunsvorms is die volgende: Die maak van kerse, batik,
metaalwerk, wamakery, houtspeelgoed maak, collage, decoupage, mosaiek-of
teëlwerk, brandskilderwerk, glasblaas en glastekenwerk, houtbrandwerk,
knoop en doop, koperwerk, handgemaakte papierkuns en plakboekkuns wat tot onlangs toe nog baie gewild
was. Minder bekende kunsvorms is kunsvlieg, yssneewerk en
vuurwerkvertonings |
_small.jpg)
Groter
weergawe |
|
|
|
Om al die kunsvorme te noem is 'n saak van onmoontlikheid. Daar
is die mooi, die lelike, die gewone en die unieke. Kuns bly egter 'n
groot deel van ons lewens. Of dit nou oor die kleur van ons voertuig
gaan, die plakker op die koffiehouer of die koekoekhorlosie in die
sitkamer. Laat die woord van Christus ryklik in
julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en
lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid
tot eer van die Here.
(Kolossense 3:16) |
|
|
|
 |
|
| |








































|