ADSA Advertisement Service for the Christian Community

Reken nou net! 2

 

 Opgedateer: 29 September 2008 ** Updated: September 29, 2008

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies

 

Rekenaarhulpmiddels 2
 
 
 

 

 

Rekenaarhulpmiddels 2

 

 

Is daar Gate in jou Skild?

Toets jou Kwesbaarheid!

Gebruikers van Microsoft Windows het deesdae al hoe meer kwellinge. Dink maar aan die Blaster en SoBig.F wurms, en talle nuwe aanvalle op die sekuriteit van jou rekenaar. Jy weet nou reeds van Antivirus-programme en Vuurmure, en het dit nou reeds op jou stelsel geïnstalleer.

Maar hoe gaan jy weet of dit (redelik) veilig is? Deur dit te toets, natuurlik! Jy hoef nie spesiale kennis te hê om 'n paar eenvoudige toetse te laat uitvoer nie. Daar is verskeie opsies, waarvan 2 hier genoem word.

ShieldsUp! is 'n toets wat help om die kwesbaarheid vir aanvalle op jou rekenaar se poorte deur die Internet te bepaal. Gaan na die opskrif ShieldsUP!! Services, en gebruik die toetse in die raampie (File Sharing, Common Ports, Messenger Spam, ens.) Die Blaster wurm het juis die kwesbaarheid van sekere poorte gebruik. Op dieselfde webwerf is daar nog 'n belangrike toets genaamd Leaktest, waarmee bepaal word of kwaadwillige programme dalk buite toe kan kontak maak. Vir ander verwante inligting, sien ook http://grc.com/default.htm.

ADSA: Is daar Gate in jou Skild? Toets jou Kwesbaarheid!

 

 

Diagnoseer jou Rekenaar!

Doen 'n in-diepte ondersoek

Is jou harde skyf gefragmenteer? Is daar spioenware ("spyware") of virusse op jou masjien? Hoe goed is jou Internet-verbinding? Hoe veilig is jou Internet verbinding? Neem jou Microsoft Windows rekenaar vir 'n ondersoek, en kry ook antwoorde op talle ander vrae! Jy kan jou rekenaar sommer in die huis laat toets, deur by PC Pitstop (http://www.pcpitstop.com) aan te klop.

 

Daar is statistieke oor al die ander rekenaars wat getoets is, sodat jy kan weet hoe jou masjien daarteen opweeg. Kundige aanbevelings word dan ook gemaak, oor hoe om die sekuriteit te verbeter, of hoe om ander probleme op te los. Daar is selfs forums oor talle ander kwale, en ervarings en raad wat onder gebruikers uitgeruil kan word.

 

 

Keer die Probleempos

Maak epos skoon voor
dit in jou "Inbox" kom

Haal Microsoft Windows-virusse en allerhande ander gemorspos ("spam") uit jou epos voordat dit in jou gewone eposprogram (Mozilla Thunderbird, Microsoft Outlook, Microsoft Outlook Express, ens.) kan kom. (Party mense noem dit sommer Outlook-virusse, omdat dit primêr Outlook is wat so kwesbaar is.)

 

Op hierdie manier kan die virusaanhangsels nie kans kry om uit te voer nie, en kan jy ook filters opstel om selfs alle epos vanaf 'n spesifieke sender of domein summier te swartlys. Jy kan ook bekende senders op 'n vriendelys plaas, wat dan altyd sal deurkom. Een so 'n program is Mailwasher.

Boodskappe kan in gewone teks gelees word en direk uitgevee word in Mailwasher. Die name van aanhangsels kan ook ondersoek word, om te sien of dit dalk potensiele virusse kan bevat. (Die onlangse vlaag van Sobig.F-wurms is deur Mailwasher as virusse aangedui, en is met gemak uitgevee op 'n Windows 2000 masjien, sonder enige "Service Packs" vir die bedryfstelsel of Outlook 2000.) Gemorspos bevat dikwels verwysings na HTML-dele of prente, wat van buite afgelaai word met 'n spesiale identifikasie-kode, wat dan vir die sender 'n bevestiging is dat die posbus nog bestaan. Dit dien as aanmoediging om nog meer gemors te stuur. Dit kan vermy word deur hierdie boodskappe uit te vee in Mailwasher. 'n Verdere eienskap is dat party boodskappe met die bonsfunksie ("bounce") na die sender teruggestuur kan word, op so 'n manier dat dit lyk asof dit nie afgelewer kon word nie. Dit werk natuurlik nie in die gevalle waar die boodskap met 'n vals afsender-adres gestuur is nie.

Die huidige gratis weergawe van Mailwasher is beperk tot slegs een eposrekening. Die kommersiële weergawe Mailwasher Pro ($37) het nie hierdie beperking nie. Die laaste gratis weergawe wat meer as een rekening kan hanteer (en nog deur die uwe gebruik word), kan afgelaai word deur op Google te soek na "mailwasher2b28.exe".

 

 

 

 Bybels
 Lees
 Lees 2
 Lees 3
 Lees 4
 Lees 5
 Lees 6
 Rekenaar
 Rekenaar 2
 Rekenaar 3
 Reken nou net
 Reken nou net 2
 Reken nou net 3
 Reken nou net 4
 Reken nou net 5
 Reken nou net 6
 Reken nou net 7
 Reken nou net 8
 Reken nou net 9
 Reken nou net 10
 Reken nou net 11
 Reken nou net 12
 Reken nou net 13
 Reken nou net 14
 Swartlys

 Dienste
 Gebeure
 Help
 Poste
 Produkte
 Skole
 Vermaak

 Mediakaart
 ADSA
 Media Map

 Bibles
 Computer
 Computer 2
 Computer 3
 Read
 Read 2
 Read 3
 Read 4
 Read 5
 Read 6
 Blacklist

 Entertainment
 Events
 Help
 Jobs
 Products
 Schools
 Services

Op|UpBiblesBybelsLees|ReadLees 2|Read 2Lees 3|Read 3Lees 4|Read 4Lees 5|Read 5Lees 6|Read 6Rekenaar|ComputerRekenaar 2|Computer 2Rekenaar 3|Computer 3Reken nou net!Reken nou net! 2Reken nou net! 3Reken nou net! 4Reken nou net! 5Reken nou net! 6Reken nou net! 7Reken nou net! 8Reken nou net! 9Reken nou net! 10Reken nou net! 11Reken nou net! 12Reken nou net! 13Reken nou net! 14

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
 

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2008
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads