|
|
|
 |
|
|
Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Rekenaarhulpmiddels 3
|
|
|
Vermy Opspring-Advertensies!
Snuffel ("Browse") die Internet vinniger met Mozilla
Seamonkey
Mozilla Seamonkey is 'n gratis, stabiele, vinnige snuffelaar vir Windows, Linux en MacOS X,
met talle kragtige eienskappe. Anders as met Internet Explorer, kan Mozilla opspring
advertensies onderdruk, "cookies" en wagwoorde vir individuele webwerwe beheer.
Dit sluit ook 'n kragtige epos-leser in met intelligente "spam"-filtering. 'n
Aantal webbladsye kan in een snuffelaarvenster gehou word met "tabs".
Dit kan selfs gebruik word om webbladsye te ontwerp.
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|

|
Virus of Gekskeerdery?
Maak seker voordat jy lêers sommer net uitvee!
Al ooit gewonder of daardie epos met die vriendelike, behulpsame raad om lêer so-en-so
op jou rekenaar uit te vee, wel waar is? Dikwels kom hierdie welmenende
"aanbevelings", wat daarop aanspraak maak dat bekende antivirus programme nie
hierdie betrokke virus herken nie, van goeie vriende of kennisse. Ongelukkig is die meeste
van hulle gekskeerdery ("hoaxes"), wat reeds lankal bekend is aan die einste
vervaardigers van antivirus sagteware. |
|
Hoe moet 'n mens uitvind of dit waar of vals is? Probeer 'n soektog in die
databasis van bekende virusse, of met een van die groot soekenjins. Hier is 'n paar
verwysings na virus databasisse. Gebruik "Search" vanaf hier,
met 'n belangrike sleutelwoord van die "aanbeveling", soos bv. "JDBGMGR.exe".
|
|
|
|
 |
|
|
Hoe is jou Epos-Maniere?
Weet jy hoe om epos te stuur sonder om vyande te maak? Hier is 'n kort lysie van
dingetjies wat krapperig kan wees. Maak die epos-wêreld 'n bietjie aangenamer met 'n paar
basiese idees: |
 |
|

|
Gratis Hulp Teen Virusse
Antivirus Sagteware
Virusse: So oud soos die berge, maar nog steeds 'n bedreiging. Hoekom toelaat
dat jy al jou data verloor? Hoekom sukkel om alles weer te installeer?
Gebruik antivirus sagteware soos AVG Antivirus,
wat gratis is vir persoonlike en nie-kommersiële gebruik. |
Gratis Beskerming met 'n Vuurmuur
("Firewall")
Hou die rekenaarvandale ("hackers") uit! Snuffel die spioenware
("spyware") uit! Sien watter programme sonder toestemming inligting probeer
uitstuur na die Internet!
Ongelukkig gee die Windows XP ingeboude vuurmuur
'n valse gevoel van sekuriteit, aangesien daar talle gewone aksies is
wat nie deur dit raakgesien word nie.
Gebruik liewer 'n persoonlike vuurmuur soos
Sunbelt Personal Firewall
(voorheen Kerio Personal Firewall) of
ZoneAlarm, wat gratis is vir
persoonlike en nie-kommersiële gebruik. In beide van
hierdie gevalle lewer die produk die volle professionele funksionaliteit
vir 'n beperkte tyd (gewoonlik 15 of 30 dae), maar kan daarna nog steeds
in 'n basiese mode gebruik word om heel voldoende beskerming te bied. |
 |
| |





















































|