|
|
|
 |
|
|
Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Die wonderlike wêreld van die natuur
|
|
|
|

|
Woude: Wonderlike skatkamers Of dit nou
oerwoude, woude, reënwoude of groot bosagtige natuurgebiede is met pragtige mere, helder
waterstrome of bruisende watervalle, woude is wonderlike plekke met veel meer as net 'n
klompie bome en plante. Woude is ingewikkelde ekosisteme wat die klimaat en atmosfeer van
ons wonderlike planeet help bewaar en verfris.
Van die dag af wat Adam die diere moes name gee (Genesis 2 vers 19) tot vandag
toe het die mens 'n verantwoordelikheid in sy verhouding teenoor die natuur.
Daar kom talle woude regoor die wêreld voor. Die Amazone-oerwoude, die oerwoude
in Nepal waar die pragtige tier voorkom, woude in die streke by die ewenaar en woude op
eilande soos die Indonesiese woude wat nog oerangoetangs huisves. |
|
|
|
Daar is reuse woude van Suid-Amerika en ook in dele van
Kanada. Daar is die bekende Swartwoud in Europa en die pragtige Knysna-woude met sy
olifante en groen Knysnaloerie aan die Suidpunt van Afrika. Die Savanna-agtige woude soos
dié in Ethosha en Kenia is ook oor die wêreld bekend vir hulle besondere wild- en
watersisteme. Hoewel groot gedeeltes van woude byna daagliks afgekap en
misbruik word, het daar tog nog mooi dele tot nou toe oorgebly, maar dit is haas aan die
verdwyn. Ten spyte van klagtes uit gemeenskappe bly die vermorsing net stelselmatig
voortgesit. Sonder skaamte en sonder keer. Ontbossing, die onnodige vermorsing van hout en
die wanaanwending van hierdie pragtige dele van die aarde is tot ons mensdom se skande.
Talle soogdiere, voëls, insekte, slakkies, spinnekop-soorte, reptiele, plante, blomme en
oeroue bome sterf uit omdat die habitat nie bewaar word nie. Of dit nou die bere in Kanada
is, die koalas in Australië, die pandas in China, die lemurs in Madagaskar of die klein
buideldiertjies van reg oor die aarde is. Die woude en hul bewonders kreun onder ons
mensdom se selfsugtigheid.
Wie weet watter onontginde oorlewingsmiddele, vreugdes en wonders daar in die
woude vir die mens is. Maar met stootskrapers, groot boomsaagmasjiene en die gierigheid
van enkelinge, sal die woude binnekort net iets in die geskiedenis wees. |
|
|
|
Hoe kan die gewone burger teen hierdie onnodige
vermorsing en vernietiging iets verrig? Die enkeling kan help deur by
die huis te begin. Staak die onnodige vermorsiong van hout en
hout-produkte. Volg herwinnings-programme en as daar nie in u omgewing
so 'n program is nie, begin dan een. Stuur eposse in plaas van papier,
plant bome in u omgewing, verfraai parke en tuine in u woonbuurt saam
met ander vrywillige helpers. Beveg persone wat net wil vernietig en
afbreek en net nog 'n vervelige ou gebou opsit wat soos duisende ander
lyk. |
 |
|
|
|
Leer kinders oor die waarde van ontspanning in die
natuur. Stilte en rus in die natuur kan die gees verkwik.
Praat met mense oor die wonderlike diere- en planteryk in woude.
Ondersteun mense en organisasie wat hierdie gedagte met u deel en
daaroor saamstem. Skryf, maak liedjies, teken en verkondig die bewaring
van die kosbare natuur.
'n Bekende skrywer Rachel Carson het een maal gesê: "The more clearly we can
focus our attention on the wonders and realities of the universe, the less taste we shall
have for destruction."
Mens kan ook maar net beaam wat Martin
Luther eenmaal oor bome gesê het: "For in the true nature of things, if we rightly
consider, every green tree is far more glorious than if it were made of gold and
silver."
Meer oor woude:
|
|
|
|
 |
|
|
|

Kliek foto vir groter
weergawe |
Primate
Primate is 'n baie interessante groep soogdiere.
Primate sluit in diere soos die gorillas en sjimpansees, orang-oetangs
van Borneo en kleine aapsoorte, soos gibbons of langarmape. Daar is nog
ander soos die bobbejaangroepe, die lemurs en die dwergapies.
Gorillas is groot diere wat sterk is, tot so veel
as 400 pond kan weeg en so groot as 6 voet hoog kan staan. Hulle woon
saam in
familiegroepe of troppe en is 'n bedreigde spesie weens die jag op
hulle. Oorlog, die verwoesting van die woude waarin hulle leef en kos
moet vind, en die mens se sinnelose jag het hulle byna tot uitsterf
gedruk. |
|
|
|
|
Die orang-oetang met sy roesbruin hare is die tweede
grootste van die groep van primate. Waar gorillas meestal op die grond
te kry is, is hulle eintlik merendeels in bome te siene. Hulle bou
hul "nes" of rus- en slaapplek met takke. Die geweldige belangstelling
in hierdie diere en hul bewaring het daartoe gelei dat spesiale
tou-wandel-areas geskep is, sodat toeriste die diere in die natuurlike
omgewings kan besigtig. Die bobbejane is welbekend in Afrika, maar vir buitelandse besoekers is die bobbejaan iets
hoogs amusants om te sien. Bobbejane, wat ook in familiegroepe woon, was
iets allerdaags op plase so kort as 50 jaar gelede, maar met die
verstedeliking het bobbejane se natuurlike leefareas vernietig geraak.
Bobbejane eet vrugte, veldknolle en plante, wurms en insekte, ens. Ou
Kees kom in talle letterkundige Afrikaanse werke voor, omdat die
interessante feite en vertellinge oor die diere, asook hulle manewales,
skrywers aanspoor en boei.
Daar is ook oulike aapsoorte, soos die tipiese
grysapies van Afrika, wat veral die gebiede langs die groot Afrikariviere, as woon en leefplekke geniet, omdat groot Soet- en Apiesdoringbome sulke
gewilde boomsoorte vir hulle is. Daar is talle soorte grysapies en hulle eet
heerlik aan goed soos bessies, wildevrugte en boomgom. Nog soorte om hiermee
saam te noem is die mangabeis, die makake, die mandril van Wes-Afrika en
die syapie (van die Malabarkus) met sy pragtige wit manteltjie op die
rug.
Die langarmape of slingerape, soos die neusape en
brulape, is baie soepel en atleties en die lang stert word
soos 'n ekstra hand gebruik. Langarmape kom in 'n verskeidenheid kleure
voor. Vanaf wit, room, grys en bruin tot swart. Hulle word bv aangetref in
China se woude, asook in plekke soos Maleisië.
| Die lemurs, wat ook soms halfape genoem word, is
ook deel van die primate groepe. Madagaskar is bekend vir sy
eienaardige soort lemurs, met soveel as 90 of meer soorte. Ander
noemenswaardige diertjies in die lemur groep is die nagapies van Afrika.
Ape is hoofsaaklik vegetariërs, maar die nagjagtertjies, soos nagapies, sal ook
insekte soos motte vang. So lewer die klein nagapie 'n bydrae met
kruisbestuiwing tydens die oopgaan van die kremertartboomblomme in die
aand. Soos dié klein grootoog-diertjies na allerlei nektar soek, sal dit
bv. ook motte vang en eet as hulle ene raakloop. By hierdie groep moet
ook die spookapies of -diertjies (Tarsius tarsius) van
Indonesië genoem word. Hierdie klein ou nagdiertjies het kenmerkende groot oë, net
soos die nagapies. |

Kliek foto
vir groter weergawe |
Die Suid-Amerikaanse woude spog met hul eie
primate, soos die wolaap en daar is baie kleiner soort apies te vinde
in die woude. Onder hulle is die Kapusynerapie, 'n baie onrustige soort
diertjie en die spinnekop-apie met die oulike parmantige gesiggie. Daar
is ook die eekhoringagtige dwergapies of marmosette.
Die primate is 'n besondere groep soogdiere
waaroor mens nie maklik uitgepraat sal raak nie. Wetenskaplikes ontdek
ook nog gedurig nuwe dinge oor hulle. Ape en bobbejane het die mens so
beïndruk, dat ons bv. baie aap en bobbejaan uitdrukkings geskep het.
die aap uit die
mou laat |
die bobbejaan
agter die berg
gaan haal |
jou 'n volslae
aap skrik |
jy lyk 'n mooi
aap |
aap wat ben je
'n mooi jonge |
die aap se stert
weet dit |
bobbejane het
daar 'n kierie
nodig |
jou 'n apie lag |
is
almal bekende
uitdrukkings wat
daagliks gebruik word in
Afrikaans. Boonop is
daar ook nog talle bome,
blomme of dier- en
plantname met die woord
aap of
bobbejaan in soos:
apievanger,
bobbejaanskoen, apekos,
bobbejaanslinger,
bobbejaantjies,
bobbejaanklapper, aapkop,
bobbejaankos,
bobbejaankers, apiesdoring, ens.
Om jou soos 'n bobbejaan te gedra, is swak maniere
en dis niks lekker om 'n aap te wees nie, maar vir aapstreke moet mens
soms tydmaak om die spanning, wat die daaglikse take oplaai, so effe te
probeer verlig.
Vir meer oor primate sien ook:
|
|
|
|
 |
|
|
|

|
Ruwe Rotse bewoners Vir die mens is rotsagtige
dele van die aarde dikwels maar 'n klip wat uit die pad gerol moet word. Daar is baie
pad-, dam- en stadsbouers wat rotse net as plekke waar materiaal ontgin kan word, beskou.
Tog is die benutting van onherbergsame rotsgebiede vir diere 'n heel ander saak. Klowe,
bergspitse, oorhangrotse, klipskeure en diep dongas is vir diere dikwels die
allerheerlikste blyplekke. Rotsagtige bergreekse bied voedsel en min impak deur die mens. |
|
Daar is diere wat uitstekend vaar en heerlik woon op van die grootste
bergreekse soos die Rockies en die Himalajas. Dat plekke so onherbergsaam en ontoeganklik
vir die mens was tot op datum, het waarskynlik baie bygedra tot die oorlewing van die
diere.
So is daar die klipspringer, panda en bergbok wat die mens se
gedurige kru indringing ontduik en tot dusver oorleef het. Die klipspringers se koddige
pootjies help hulle om baie rats oor rotse te spring. Die panda se afgeleë blyplekke in
hoë bergagtige gebiede in suid-sentraal Sjina het dit selfs vir navorsers, wat die diere
se oorlewing wou probeer bevorder, uiters moeilik gemaak. Die bergbokke van Noord Amerika
kon selfs nie deur kenners statisties goed nagevors word nie omdat die bokke so in diep
klowe of op baie spits bergtoppe van die Rockie gebergtes wei en bly. |
 |
|
|
|
 |
Ruwe rotse, lyk dit my, bly dus 'n wonderlike deel van
die natuur, en moet benut word om die dierelewe 'n groeikans te gee, eerder as om gedurig
deur geldgieriges vernietig te word.
Vir meer inligting oor ruwe rotse
bewoners, besoek enige van die volgende webwerwe:
|
|
Vir Klipspringers besoek:
|
|

|
Kapibara
(Capybara) Die Kapibara (Capybara --genus Hydrochoerus) word in Suid Amerika aangetref en is
die grootste knaagdier. Hierdie eienaardige diere leef in groepies saam. Grasland
en rivierwalle is hul gesogte omgewing en daarom is die naam, wat 'n samevoeging van
"water" en "vark" is, so gepas. Hulle kan goed swem en die koddige
gewebde pootjies kom ook handig te pas daarmee. Hierdie stertlose diere hou ook van
sonbaai op sanderige rivieroewers. Hulle eet waterplante en sappige grasspriete. |
|
|
|
Vir meer inligting oor Capybaras kyk na:
|
| |





















































|