Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies
|
|
|
|
 |
|
|
Die wonderlike wêreld van die natuur 2
|
|
 |
|
|
|

|
Patagonië Die naam Patagonië beteken
na bewering
"groot voet", so genoem toe Ferdinand Magellaan daar oorwinter het
in 1520. Dit is met verwysing na die groot pelsskoene en -stewels wat gedra is deur die
inwoners van die omgewing, die Tehuelches.
Patagonië is daardie wonderlike, unieke deel van die wêreld wat geleë is aan
die suidelike deel van Suid-Amerika, waar die Atlantiese- en Stille Oseaan mekaar ontmoet.
Dit vorm deel van Argentinië en Chili en sluit die bekende Straat van Magelaan in. Dit
lê uitgestrek oor die twee lande en sluit 'n aantal gebiede in, oa. die volgende:
Calafate, Bariloche, Puerto Madryn en Tierra del Fuego. |
|
Dit is ook een van die eerste gebiede wat spog met 'n see- of
marinebewaarpark. Die natuurskoon is nie net asemrowend nie, maar bergklimmers is
welbekend met die uitdagings van die berge in daardie wonderlike gebied. Die hoogste
gebergte-piek is Cerro San Valentín (meer as 4000 m), maar die mees bekendste is
waarskynlike die indrukwekkende Paine Grande en die Fitzroy-spits. |
|
Dierelewe in hierdie geografiese gebied is uiteenlopend en veelsydig. Die seegebied
spog met diere soos walvisse waarvan die "right whale" (Ballena Franca) en die
moordwalvis of Orca twee is. Talle soorte dolfyne soos die uitsonderlike wit en swartgrys
Commersondolfyn, asook die bottelneusdolfyne word daar aangetref. Die Suid-Amerikaanse
seeleeus en suidelike seeolifante is te siene op die rotse en pikkewyne soos die Gentoo's,
geelkuifpikkewyn (Rockhopper) en koningspikkewyn is simbolies van die omgewing. Die
blouoogkormorant en seekelpseemeeue maak ook deel uit van die talle seevoëlspesies. |
 |
|
Aan land word perde grootliks aangewend in die boerdery, asook alpakas en lamas. In
1946 is bewers vanaf Kanada ingebring in die gebied. Maar die landstreek het ook nog talle
inheemse wilde diere wat al hoe meer toeriste trek. So is daar die bekende en geharde
guanako's (guanacos) wat wild voorkom. Hierdie eienaardige diere lyk na 'n kleiner nefie
van die kameel en hulle pragtige roesbruin en wit kleure is baie kenmerkend. Natuurlik
huisves Pategonië ook nog die sagte goudbruingrys cougar of bergleeu. Dan spog die
gebied boonop met ander wilde diere soos die grys jakkalsie, die snaakse choique of sg.
"lesser rhea" (Pterocnemia pennata). Die voëlspesies is talryk met aasvoëls,
arende en valke en die waterstrome huisves ook nog otters. Voorwaar 'n
baie besondere gebied en beslis die moeite werd om te bewaar en te waardeer.
Lees meer:
|
|
|
|
 |
|
|
|

|
Die Weer Die weer: Of dit nou mooi weer en
sonnig is, of bewolk en koud, die weer bly die gewillige onderwerp as 'n
mens nou nie juis weet wat anders om oor te praat nie. Maar dit kan
nogal 'n groot fout wees om vir weerkundiges 'n vraag oor die weer te
vra. Dié mense kan weke en dae praat oor weerspatrone, die
barometer wat op en af gaan en al die afleidings wat daarmee gemaak kan
word. Dan is daar nog veel meer as die daaglikse weerspatrone wat van
groot belang is. Daar is ook die seisoenale weerspatrone wat opgeskryf
en bestudeer en nagevors word. Dit is veral in gebiede soos die landbou,
waar sulke navorsings van groot waarde is.
Die waarskuwings van aankomende storms, tornado's, groot droogtes, reënval,
sneeu- of haelstorms, het al in die verlede baie gehelp met die behoud van menselewens. |
|
Die diere in die natuur het hul eie manier van bewuswording van
snaakse en gevaarlike weersomstandighede wat aan die kom is. So weet bv. haaie, dat as die
drukking vinnig val, daar ongure weer aan die kom is en hulle beweeg dan dieper die see in
en weg van die kus af. Sommige honde raak glo meer onrustig en katte kriewelrig. Mense
maak deesdae al hoe meer gebruik van apparate soos lugballonne, satteliete, rekenaars,
windlaaiers en goeie personeel en vrywillige deelnemers om bv. temperatuur, lugdruk,
seestrome, humiditeit, reën- of sneeuval te meet. Een deel van hierdie span is ook die
stormjaers: daardie vreemde groep mense wat so gefassineer is met storms, dat hulle
gedurig probeer om al hoe meer met geweldige tornado's of orkane kennis te maak.
Wie kan nie anders as om verstom te staan en kyk hoe sommige videobeelde groot
weerfronte oor 'n kontinent met behulp van sattelietfoto's vertoon nie. En nog meer, dit
is ook nie net die aarde se weer waarna gekyk kan word nie, maar daar was tot al weer
navorsing oor dié van Mars en ander dele in die ruimte. Die weer 'n vervelige
onderwerp? Ek glo nie.
Meer inligting by:
|
|
|
|
 |
|
|
|
Gedink jy's 'n grootkop? Gedink jy's 'n grootkop? Dink
dan weer. Die olifant is nie net bekend as een van die grootste landlewende soogdiere nie,
maar het 'n besondere groot brein. Die diere is uniek in baie opsigte en dit is die moeite
werd om by te dra tot hul oorlewing. Daar is tans organisasies wat hierdie ou grotes se
saak wil bevorder en die oorlewingsstryd van bedreigde spesies wil tentoonstel. |
 |
|
|
|
So is oa. besluit om 'n diere-aksie vir olifante te hou by:
www.ifaw.org
Lees ook by:
www.ifaw.org/ifaw/general Om
meer te wete te kom oor die olifant se brein en die gewig daarvan, die geskatte
intelligensie van olifante, of ander interessante dinge soos die diere se hartklop, hul
ore se uniekheid, slurp se tasvermoeë ens. besoek gerus:
elephant.elehost.com/About_Elephants
Daar word baie vrae beantwoord en verskille tussen die Afrika en Indiese olifante word
aangedui.
Om meer te lees oor die slimme olifant Nana van Empangeni, en haar manewales om
die hek vir bokke oop te maak. kyk by:
www.smh.com.au/articles |
|
|
|
 |
|
|
|
'n Besoek aan die Dinosouruspark dalk binnekort deel van
Rusland se toerisme-bedryf Dit lyk asof die filmmakers van fantasieverhale dit eens was. Met die
snel-groeiende kennis op wetenskaplike, tegnologiese en biologiese terreine, word die idee
van 'n Dinosouruspark dalk in die toekoms deel van Rusland se toerisme-bedryf. Dalk is dit
net weer die Japanners wat weet hoe om geld te maak. Meer inligting by:
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|

|
Ysbeer vriende in die moeilikheid op meer as een manier Polisie offisier Wayne Menard kom tot beertjie se redding in die afgeleë
gemeenskap van Fort Severn in noord-wes Ontario aan Hudsonbaai. Meer inligting by:
|
|
|
|
 |
|
|
|
Aurora Besoek
gerus die volgende skakel as jy belangstel in
natuurverskynsels soos die aurora.
Sien ook meer oor die
Ruimte-Weer by:
www.spaceweather.com. |
 |
| |





















































|