|
|
|
 |
|
|
Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Die mens en sy dinge
|
|
|
|
Kastele, paleise, chateau's, herehuise, forte en
ander statige vestings Wie hou nie daarvan om soms te sit en lugkastele bou nie?
Die kastele, vestings, forte en paleise van ouds het egter meer as net drome gevra om te
realiseer. En wat 'n geweldige heroïese taak moes sulke imposante vestings nie gewees het
om te bou nie. Mens se asem slaan nou nog weg om kastele wat die eeue se brute krag
deurstaan het, gade te slaan. |
|
|
|
Kastele het al selfs so lank terug as die 8ste eeu voor Christus bestaan
en die hoofdoel was die opstapelende beskermings wat die kasteel dan
gebied het. 'n Kasteel is 'n groot gebou of meestal groep geboue. Die
oorsprong van die woord kasteel is van Latyn "castellum" wat vertaal kan
word met vestingkie. Die Franse woord "château" het ook sy oorsprong
hiervandaan. Woordeboeke beskryf die verklaring van die woord kasteel as
'n vesting of groot vorstelike woning met oa. die insluiting van forte
en groot landgoedwonings of paleise. |

Kliek op foto vir groter weergawe |
|
|
|
Mens kan min die woord "paleis" gebruik sonder om onwillekeurig te dink
aan ridders en die Middeleeue, want dit is in hierdie tyd wat groot en
indrukwekkende geboue tot hul reg gekom het. Kastele is dikwels gebou op
heuwels, in die draai van 'n groot en diep rivier of op die uithoek van
'n krans, waar bv. die see en afgrond aan sommige kante beskerming kon
bied teen die maklike inval van die vyand. Kastele van ouds was eers
bloot net gebou van hout met omsirkelende palissades en 'n droë grag,
maar dit het ontwikkel in imponerende en baie groot klipgeboue, met hoë
en geweldige dik en moeilik bestygbare mure, wat bygedra het tot die
fortifisering van die vesting. Kastele was ook dikwels omring met water,
of het gragte gehad met die tipiese ophaalbrug en die gewigtige en baie
dik poorthek, wat dig sluit en beskerming teen invallende troepe kon
bied.
By kastele was daar die sentrale hoofgebou of vestingtoring en ook
hoë kanttorings as uitkykpunte, waar wagte dag en nag moes uitkyk om die
omringende landskap te bespied. Brugtorings met kantele en skietgate was
kenmerkend by die latere kastele. Sommige kastele het ook 'n kerker
gehad waar vyande gevange gehou was. 'n Verdere kenmerk wat dikwels nog
vandag gesien kan word by kastele, is die beskermsmuur of -mure en klein
boogskutters-openinge. Kastele het ook dikwels 'n binnehof, tuine, 'n
poorthuis en stalle gehad, om selfonderhouding van die kasteelinwoners
moontlik te maak.
Daar is baie kastele wat vandag nog besoek kan word en welbekend is.
Die Loire-vallei in Frankryk is beroemd vir sy talle kastele, oa. die
Chenonceau-kasteel, Die Koninklike Paleis van Amboise,
Château de Chambord, die
Azay le Rideau-kasteel,
en Château de Saumur. Talle kastele kom ook in ander dele van Europa
voor, soos in Duitsland, Switserland, Engeland, Skotland, Wallis,
Noorweë, Swede en Nederland.
Meer inligting oor beroemde en majestieuse kastele:
|
|
(Omvattende
webwerf met baie
verwysings.) |
|
|
(Gee 'n lys van
items en woorde
wat tipiese by
kastele gebruik
word.) |
|
|
Château
Gaillard, gebou
deur Richard I
"Die Leeuhart" |
|
|
(Alfabetiese lys
van kastele met
foto's) |
|
|
Die
Wartburg-kasteel
in
Oos-Duitsland,
het besondere
betekenis vir
Protestante
omdat dit die
plek is waar
Martin Luther
die Bybel in
Duits vertaal
het. |
|
|
(Die kasteel
Pierrefonds) |
|
|
(Leeds-kasteel
wat interessante
geleenthede
aanbied) kyk ook
na |
|
|
vir 'n mooi
beskrywing deur
lord Conway van
hierdie pragtige
kasteel. |
|
|
Laaste maar nie
die minste nie,
die baie
beroemde
Neuschwanstein-kasteel
en die besondere
koning Ludwig II |
|
|
|
|
 |
|
|
Foto galery |
| Kliek op foto vir groter weergawe |
|
|
|
 |
|
|
|
Brûe: Toegang na die anderkant Brûe het van die
vroegste tye af 'n baie belangrike rol vervul. Dit het toegang verleen van en na plekke
vir ruilhandel, die ontdekking en uitbreiding van nuwe gebiede en vir die beskerming van
stede. Brûe word hoofsaaklik in 3 groepe verdeel. Die boogbrug ("arch bridge"),
die baskule brug ("bascule bridge or draw bridge") of ophaalbrug en die
vrydraende brug ("cantilever bridge").
Die antieke Romeine wat hulle groot keiserryk goed wou probeer beheer en nog
verder wou uitbrei, was gedugte brugbouers. Hulle het boogbrûe gebou wat bekend staan as
akwadukte. |

Groter weergawe
|
|
|
|
Daar is baie besondere en beroemde brûe deesdae. Van die baie beroemde Golden
Gate-brug in San Francisco, Californië, die Brooklynbrug in Manhattan, die Forth Railbrug
in Skotland, die Sydney Hawe-brug in Australië, die Storbaelt in Denmark, Le Pont de
Normandie in Le Havre, Frankryk, die Chesapeake Baai brugtonnel, die Luzern Kapelbrug in
Switzerland, die Pont Adolphe in Luxembourg, 'n baie ou brug naamlik die Ponte di Rialto
in Venisië, tot die 38 kilometer lange Lake Pontchartrain Causeway in Louisiana. |
|
|
|

Groter weergawe
|
Van die mooiste en indrukwekkendste brûe is die Clifton hangbrug
in Bristol, Engeland, wat oor die mooi Avon Gorge span. Die Akashi-Kaikyo
brug in Japan is 'n meesterwerk in ingenieurswese en is een van die langste hangbrûe in
die wêreld. Dit is 3456 meters lank.
Een van die mees besondere brûe wat ook melding verdien, is die Ponte
Sant'Angelo-brug in Rome. Die Ponte Sant'Angelo-brug is ontwerp deur Giovanni Bernini en
rye engelestandbeelde vorm en versier weerskante die brugraam. Die rye engele stel die
kruistog van Jesus voor. |
|
|
Vir meer inligting oor die Ponte Sant'Angelo-brug in Rome besoek
enige van die volgende skakels:
|
Vir meer inligting oor ander besondere brûe soos
hierbo bespreek besoek: |
|
|
|
|
 |
|
|
|
Olimpiese Spele Meer as
Tagtig jaar terug: 1924 in Parys
Sendeling en Olimpiese atleet: Eric Henry Liddell
Dit is weer tyd vir die Olimpiese spele. Hierdie jaar gaan van die wêreld se
beste kampioene kragte met mekaar meet in Griekeland. Athene tree as gasheer op en die
oeroue stad is in rep en roer om die atlete, die magdom toeriste en al die
belangstellendes te ontvang. |
|
|
|
Wanneer
daar van die Olimpiese spele gepraat word, kom daar onwillekeurig verskeie beelde en
herinnerings by mens op. Die ure se intense oefening, die skare wat aanmoedig en juig,
spanne wat mekaar aanhits, die medalje om die nek en die onderskeie vlae wat wapper in die
wind. Dan is daar ook die wenners. Een so 'n wenner het 80 jaar gelede in Parys deelgeneem
en die 400 meter met 'n fenomenale 5 meter voorsprong gewen. |
 |
|
|
|
Die
Olimpiese atleet was Eric Liddell. Hy is gebore 16 Januarie 1902 in Tientsin (Tianjin) in
Noord China waar sy ouers sendelinge was. Hierdie Olimpiese atleet se verhaal, was eers in
die biografie "The Flying Scotsman" (London: Quartet, 1981) van Sally Magnusson
saamgevat. Die welbekende film "Chariots of Fire", is ook op sy lewe gebaseer. Eric Liddell, die Skot, sou menige grootkoppe en Engelse staatsleiers in die
gesig vat, omdat hy nie op die Sondag aan die uitdunne vir die naellope (100meter) wou
deelneem nie. Tog gebeur die wonderlike. Hy skryf in vir 'n ander afstand, die 400 meter
en breek 'n rekord wat lank nog in die geskiedenisgange sou weerklink. Hy wen met 'n
uitstaande rekord vir daardie tyd.
Liddell, 'n wetenskap-onderwyser, keer later terug na die sendingveld in
Tientsin (Tianjin), asook later in Siaochang. Hy is in 1932 as prediker ingeseën en hy
trou met Florence Mackenzie, wat uit 'n Kanadese sending-familie gekom het. Hy en Florence
se dogters se name is Patricia, Heather en Maureen, wat in Kanada woonagtig was.
Eric word gevange geneem tydens die Japannese inval en bevind hom in die
Weishien-kamp. Daar lewer hy ook 'n bediening in die interniskamp, deur Bybelstudies en
ander klasse soos wetenskap en sport aan te bied. Sy voorbeeld en liefdesdiens was tot
groot hulp en aansporing vir dié in die siekesorg wat hom in daardie tyd leer ken het. Hy
sterf in 1945 in die kamp van 'n breingewas en tifuskoors.
Die uitdrukking "Complete surrender" was Eric se mikpunt in die
uitleef van sy geloof as Christen. Hy het nie net goud op die sportveld verkry nie, maar
het 'n goue nagedagtenis in die mense se harte en herinneringe gelaat vir menige wat sy
voorbeeld gesien en van gehoor het.
Mag hierdie jaar se deelnemers God ook besonder eer met die sportaanleg wat Hy
hulle mee seën.
Vir meer inligting oor hierdie besondere Olimpiese Christen wenner besoek ook:
|
|
Aanvullende
nota Maart 2006 Die onlangse Winterspele in Turyn is deur groot skares bygewoon.
Kanada het nie minder as 24 medaljes gewen nie. Geluk aan die atlete, en 'n ekstra hoera
vir dié van hulle wat maar te goed geweet het dat hulle sukses nie net van harde werk,
maande se voorbereiding en deursettingsvermoë afhang nie, maar ook van hulle geloofslewe
en verhouding met God. |
 |
|
|
|
|
Additional note March 2006 Large crowds attended the recent Winter Ganes in Turin. Canada won 24 medals.
Congratulations to the athletes. Especially to those who knew that competing and success
are not only achieved by hard work, months of preparation and determination, but in the
first place by their faith and relationship with God. |
|
|
|
 |
|
|
|

|
Statige Stede Van die vroegste tye af bestaan
daar stede. Stede is nie net 'n groot ekonomiese draaikolk vir 'n land en sy inwoners nie,
maar stede is ook die brandpunt vir die tegnologiese en wetenskaplike ontwikkeling, omdat
die akademiese en welsyns-aspekte gesamentlik ontwikkel en gedeel word.
Die geskiedenis is belaai met verhale oor beroemde stede. Die Bybel noem die
gebruik van vrystede en bekende ou stede soos Babilon, Ur, Nineve, Joppe en Jerusalem. In
die antieke geskiedenis is daar Helena met haar Troje en Romulus en Remus met hul Rome.
Daar is stede wat nou nog bestaan soos Athene, van nuuts af ontwerpte stede soos
Brasilia, Washington, Islamabad en Canberra, en ander wat verlate is soos Machu Picchu met
sy geheimenisse.
Talle stede het hoë en besondere torings en strukture, soos Kuala Lumpur,
Seattle en Parys. |
|
Daar is stede met besondere argitektoniese eienskappe en groot
ingenieursprestasies, soos die brûe by Londen en Golden Bridge by San Fransico, kanale in
Venesië, gragte en dyke by Amsterdam en Rio de Janeiro met sy kolossale Jesus-beeld.
Daar
is eilandstede soos Singapoer en Hong Kong, en stede wat in diep valleie van die Andes
gebergtes lê, soos La Paz. Daar is stede gestig aan die walle van bekende riviere soos
die Yangtze-rivier met Nanjing en Shangai, Volgograd aan die Volga-rivier en Dusseldorf
aan die Rynrivier.
Dan is daar ook groot stede wat langs mere lê soos Chicago aan die Michiganmeer
en Toronto by die Ontario-meer. Stede soos New York, Sydney, Tokyo, Mumbai en Dubai grens
almal aan die see. Daar is stede wat vanuit ruimtetuie geëien kan word, omdat dit so baie
lig snags vertoon, en ander wat op die grens van twee kontinente lê soos Istanbul.
Stede is werkplek, eetplek, speelplek, slaapplek en leefplek. Daar is soveel
pragtige tuine, parke en argitektoniese of ander kunswerke in talle stede, dat die besige
pas soms so bietjie agterweë gelaat kan word. Biblioteke, kerke, sportsentrums, teaters,
operahuise, parke en museums dra alles by tot 'n stedelike bestaan, wat sinvol en heerlik
kan wees.
Stede verteenwoordig meer as die staatssetel. Dit dra ook die stempel van die
inwoners se kultuur. Dit is waarskynlik om daardie rede wat die stad waar mense bly, so
besonders is vir hulle. Die stad dien as spieëlbeeld van hulle groei as gemeenskap.
|
| |





















































|