|
|
|
 |
|
|
Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Die mens en sy dinge 2
|
|
|
|
 |
Moedersdag Die gedagte om Moeders op 'n spesiale dag te herinner net hoe spesiaal hulle
eintlik is, het alreeds in die antieke tyd ontstaan en is deesdae 'n instelling reg oor
die wêreld. En met goeie rede, want moeders is baie spesiale wesens wat ons liefde dubbel
en dwars werd is.
Wie onthou bv. nie die pragtige verhouding van Naomi en haar skoondogter Rut
nie? En was die geloof, waagmoed en inisiatief van Moses se ma nie iets wat mens verstom
nie? Hoeveel moeders dwarsdeur die eeue het nie geskroom om hulle eie lewens te gee vir
dié van hulle kindertjies nie. En wie se hart word nie seer as ons 'n siek kindjie sien
nie? |
|
|
|
Laat ons in hierdie tyd en ook in die dae en maande vorentoe die moeders eer en
liefhê vir alles wat hulle vir ons doen en opoffer. Om ons moeder te eer is 'n Bybelse
opdrag en om hulle lief te hê en gehoorsaam te wees, as hulle goeie raad en leiding gee,
is net tot ons voordeel. Daar is talle spreekwoorde en aanhalings oor die
deugde van moeders. Daar is o.a. die volgende Engelse uitdrukkings:
"A man's work is from sun to sun, but a mother's work is never done."
en "The most important thing a father can do for his children is to love their
mother."
Dan is daar die Sjinese spreekwoord wat aandui dat daar net een pragtige kind in
die wêreld is en en dit is elke moeder se kind. --- Is dit nie waar nie? Moeders dink dat
HULLE kinders die oulikste, slimste en mooiste kinders op die ou aarde is.
'n Pragtige Joodse uitdrukking sê dat 'n moeder verstaan wat haar kind nie kan
verduidelik of verwoord nie.
Die skrywer van hierdie teks weet maar te goed hoe dié dag, Moedersdag, mens
kan kwes as jou dierbare moeder al oorlede is. Die verlange bly groot. In sulke tye is ek
egter ook te dankbaar vir die wonderlike tyd wat sy vir my gespaar was. Daardie tye wat sy
my dinge geleer het wat ek nou weer kon oordra aan andere.
Dank saam met ons die Here vir moeders wat die opvoeding van hulle kinders
belangrik ag en so hard werk om haar kinders nie net 'n goeie grondslag te gee vir die
toekoms wat voorlê nie, maar ook hard probeer om 'n goeie Christelike voorbeeld daar te
stel. Die wêreld het sulke leiers en burgers bitter nodig. |
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
Vadersdag Vadersdag is een van daardie
lekker dae van die jaar wat mens die pappa van die gesin so bietjie ekstra kan bederf en
kan wys hóé spesiaal hulle is. Vadersdag word die derde Sondag van Junie gehou en is in
Amerika 'n amptelike instelling.
Soos met baie oulike dinge is die oorsprong van Vadersdag nie seker nie. Of dit
nou vanaf 'n kerkdiens in Wes Virginia in 1908 ontstaan het, of nie, maak nie afbreuk aan
hierdie lekker geleentheid nie.
In 1924 het President Coolidge dit 'n nasionale geleentheid in Amerika verklaar
met die volgende mikpunt: "to establish more intimate relations between fathers and
their children and to impress upon fathers the full measure of their obligations."
Met die hedendaagse media en sosiale groepe wat die beeld en karakter van die
vaderfiguur gedurig bespotlik en karikatuuragtig probeer voorstel, word dit vir pappas al
hoe moeiliker om hul plek vol te staan. Goeie maniere en sterk eienskappe soos eerlikheid,
hoë integriteit en ewewig in gees en emosies, word afgekraak en as oudmodies afgemaak.
Goeie vaders het ons liefde en ondersteuning en respek nodig. Dankie aan al die wonderlike vaders wat genoeg van hul gesinne dink om 'n mooi
voorbeeld van Christelike leierskap te toon. Vir u wat nog gereeld saam met die gesin bid
en boekevat, kan ek maar net sê, beter hoekpale as liefde, geloof in Jesus Christus, die
Bybel en gebed, kan daar nie wees nie. Mag die Here u besonder seën terwyl u u gesin
versorg en leer en lei. |
|
|
|
 |
|
|
|
Slaap, O wondersoete ding...
Dis nie net digters wat slaap in
hul verse besing nie. Deesdae het wetenskaplikes ook heelwat te sê oor die nut van slaap.
Of dit nou mense, wilde diere of oulike troeteldiertjies soos katjies is, almal het slaap
nodig. Slaap word ook 'n al hoe kosbaarder kommoditeit, as mens hoor dat dit dalk ook
daardie oortollige vetrolletjies kan help wegbrand. Moeilik om te glo né. Tog lyk dit
asof 'n goeie slaaproetine baie meer doen as om net die liggaam 'n ruskansie te gee. |
|
Katte is nogal gedugte slapers en kan soveel as 17 uur per dag (70% van 'n dag)
slaap, as hulle toegelaat word! Dalk is dit die rede vir hul slanke, soepel lywe. Vir meer
inligting sien:
Lees meer oor Katte |
|
|
|
 |
|
|
|
Op pad na Mars Na enkele pogings darem
uiteindelik 'n geslaagde Marslanding. Die planeet kon vir die eerste keer van nader beskou
word. Wat is volgende? Kolonisasie van Mars? En wat sê die Marsmannetjies nou daarvan?
Vir meer inligting oor die Marslanding met talle foto's sien:
|
|
|
|
 |
|
|
|
Slimkoppe bied stof tot nadenke Die slimkoppe van Berkeley se navorsing gee ons deesdae weer heelwat stof tot
nadenke. Hulle produk, die sg. slim stof ("Smart Dust") of MEMS (Micro
ElectroMechanical Systems) is piepklein. maar het goeie waarnemings-vermoëns. Dit is
verstommend wat hierdie klein apparaatjies al bevat. Van 'n straal-bestuurspieëltjie vir
aktiewe optiese (laser) transmissie, 'n optiese ontvangertjie en seinprosessering,
tot 'n sonselletjie as kragbron. Die span werk glo aan so 'n apparaatjie wat die
grootte van 'n sandkorrel gaan wees. Vir meer inligting sien:
|
|
|
|
 |
|
|
|

Waaikrag van die wind
Die mens begin al hoe vernuftiger raak om die beskikbare hulpbronne aan te wend tot
sy voordeel. Om die wind in te probeer span, was nog deur die eeue 'n uitdaging. Deesdae
word groot windlaaiers tot groot voordeel gebruik. Die krag wat deur sulke moderne Don
Quixote meulens opgewek word is verbasend. Tog is daar ook die kere wat die
windkragopwekkers afgeskakel word omdat die wind net te sterk waai. Wys net wie bly baas.
Vir meer inligting oor windmeulens, kyk na:
|
|
|
|
 |
|
|
|
Beleefde Bediende-ASIMO Al gewens jy het 'n slim assistent wat jou kan help en gaste met kwinkslae kan
vermaak? Die sjarmante ASIMO wys dat daar hoop is om dalk in die nabye toekoms so 'n
helper te hê. Meer inligting by:
|
|
 |
|
|
|

Groter weergawe

Groter weergawe
|
Lus vir 'n lekker lang veerbootrit? Kanada met al sy talle riviere en mere maak ruimskoots gebruik van veerbote. In die
pragtige provinsie Brits-Columbië (British Columbia), met sy asemrowende natuurskoon,
vaar daar daagliks talle veerbote. Tussen Kootenay Bay en Balfour, wat
die langste, gratis veerbootrit ter wêreld is, kan die pragtige veerboot Osprey
2000 geneem word. Die veerboot beweeg seepglad, neem ongeveer 35 minute van
punt na punt, en die meegaande natuurprag van die omgewing, maak die rit
iets buitengewoons om te ervaar. Die nabygelëe warmwaterbron in die
dorpie Nakusp dra by tot die veelsydigheid wat die omgewing aan
besoekers bied. |
|
Vir meer inligting oor die veerbootrit, kyk na:
|
|
(beste sigbaar met Internet Explorer 5.5 of later, of die
gratis Mozilla snuffelaar). Vir meer inligting oor
die warmwaterbronne van Nakusp, besoek:
|
|
 |
|
|
|
 Sê mos altyd: Vakansie-
en Slaaptyd werk nie dieselfde as Werktyd nie! Dit lyk asof die slim mense wat navorsing oor tyd doen aan die Macquarie
Universiteit te Sydney, deesdae nie meer mooi weet wat die regte tyd is as
hulle gevra word nie. Uit hulle navorsing lyk dit glo dat die spoed van lig nie noodwendig
konstant is, soos voorheen geglo nie. Dit word o.a. verkry d.m.v. quasar data wat ingewin
word. Die droom van 'n tydmasjien is dalk nie meer so vergesog nie en miskien kan ons in
die toekoms die tydlyn flous, al hardloop dit nou so by mens verby. Meer inligting by:
|
|
|
|
 |
| |





















































|