ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap

Meer oor ADSA

 

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

Tuisblad / HomeAfrikaanse InfoGratis AdvertensiesVoorwaardesMeer oor ADSAAansoekvormBetaal OpsiesNavraeWerfkaart|Site MapEnglish InfoFree AdsConditionsApplicationPaid OptionsMore about ADSAInquiries

Gratis Advertensies*Free Ads

 

 Opgedateer: 29 September 2008 ** Updated: September 29, 2008

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

English

Meer oor ADSA

 

1. Klagtes

ADSA poog om ’n goeie diens aan die Christelike gemeenskap te lewer met die fasiliteite, tyd en geleenthede tot ons beskikking. Hoewel ADSA sorg neem om Christelike norme te handhaaf, onderskryf die redaksie van ADSA nie noodwendig die standpunt van instansies, die gehalte van diens of selfs die gehalte van produkte wat geplaas word op die webwerf nie. Meld klagtes oor huidige adverteerders aan by die webmeester indien u dit nodig vind. Sien ook ons afdeling Swartlys: Internet bedrog, swendelary, rommelpos en swak maniere

2. Opsies

ADSA lewer ’n diens deur klein advertensies op die Internet te plaas, dikwels namens instansies of persone wat nie self webspasie beskikbaar het nie. Verwys na ons Gratis Plasings en Voorwaardes vir Plasings, of Betaal Opsies, om te sien watter keuse u sal pas.

3. Opdaterings

Die ADSA webwerf word elke 6 na 8 weke gepubliseer en goedgekeurde gratis advertensie se eerste plasing word sonder enige kostes geplaas. As kliënte egter na plasings, wysigings of groot aanpassings of opdaterings benodig, sal dit of ’n nuwe aansoek moet wees of onder die Betaal Opsies, val. Waglyste, die aard van die opdaterings, die nuwe inhoud van die teks ens. sal alles bepalende faktore wees of die opdaterings deur middel van ’n nuwe aansoek moet geskied of oor moet skuif na die Betaal Opsies, Enige navrae hieroor kan gestuur word aan ADSA met behulp van die Navrae en Kommentaarvorm

4. Sperdatums

Die ADSA webwerf word nie daagliks of weekliks opgedateer nie, maar loop op lank vooruitbeplande siklusse. Dus word die huidige sluitingsdatum vir aansoeke en die verwagte datum van publikasie bo-aan ons aansoekvorm vertoon. Persone wat nie binne daardie raamwerk van ons publikasiesiklusse hul plasings wil laat maak nie, sal vir die daaropvolgende uitgawe moet wag, of vir die Betaal Opsie moet aansoek doen. Kyk ook by Tussen-publikasies

5. Publikasiesiklusse

ADSA het ’n lang publikasiesiklus, anders as met ’n dagkoerant, of sommige ander webwerwe. Daar verskyn so elke 6 na 8 weke ’n uitgawe van ADSA. Kyk ook by Tussen-publikasies vir meer inligting.

6. Herpublikasies

ADSA het ’n lang publikasie siklus, anders as met ’n dagkoerant of sommige ander nuus webwerwe. Daar verskyn so elke 6 na 8 weke ’n uitgawe van ADSA. GEEN herpublikasies word tussenin gedoen nie. GEEN uitsonderings nie! Herpublikasies vir aanpassings sal slegs gedoen word as die ontwerper of ADSA personeel ’n fout begaan het, NIE as foutiewe inligting aanvanklik verskaf was nie. Daar kan wel versoek word dat ’n advertensie vir die daaropvolgende uitgawe herstel word. Kyk ook by Tussen-publikasies vir meer inligting.

7. Tussen-publikasies

ADSA het ’n lang publikasiesiklus, maar Tussen-publikasies word wel gedoen. Kyk by die Betaal Opsies vir meer inligting.

8. Soekenjins

Sommige groot soekenjins is baie vlug om inligting te indekseer, maar andere neem baie langer, Dit neem gemiddeld 2 tot 6 weke na publikasie om items behoorlik by soekenjins opgeneem te laat kry, dus voordat die soekenjins nuwe woorde sal vind of "raaklees". Vir maksimum benutting van die Internetmedia, word dit sterk aanbeveel dat advertensies met sperdatums, 30 tot 40 dae vooruit ingehandig word.

9. Area-Kodes

Verskaf asseblief ’n epos-adres (Slegs vir kantoorgebruik). Verkieslik twee om kommunikasie tussen die ADSA personeel en die applikant te vergemaklik. Om die oes en misbruik van eposadresse te voorkom, word eposadresse nie op ADSA vertoon nie. Navrae vanaf besoekers word aangestuur, waarna adverteerders dan self die verwysing moet opvolg. Telefoonnommers wat op die ADSA webwerf aangedui word is van toepassing op Suid-Afrika, tensy anders aangedui, maar dit is raadsaam om ook die toepaslike kodes te verskaf vir buitelandse besoekers. Die Internet is by implikasie Internasionaal.

10. Afgekeurde Aansoeke

Indien ’n advertensie om die een of ander rede nie geplaas kan word nie, sal die aansoekers per epos daarvan in kennis gestel word. So ’n besluit, om ’n item nie te plaas nie, bly uitsluitlik die keuse van die webmeester. Enige items wat nie strook met die Christelike morele waardes, of dit probeer afkraak of aanstoot gee, sal nie geplaas word nie. Dieselfde geld vir items wat op die swartlys voorkom, of enige vorm van bedrog insluit. Dit bly ook die webmeester se reg om NIE REDES te verskaf vir die afkeuring nie.

11. Swartlys

Aansoekers wie se name of webwerwe reeds by ander instansies op ’n swartlys geplaas is, verbeur die voorreg om van ADSA se diens gebruik te maak. ADSA hou ook ’n interne swartlys van webwerwe wat skakel na onderwerpe of webwerwe wat teen Christelike morele waardes is, dit probeer afkraak, of bespot. Aansoekers wat na sulke webwerwe skakel, word ook nie goedgekeur nie. Lees ook verder by: ADSA se swartlys

12. Nuusbriewe

Enige toepaslike kommentaar kan gestuur word aan ADSA met behulp van die Navrae en Kommentaarvorm, maar moet asseblief nie die ADSA kantoor oorspoel met allerlei nuusbriewe, humor-stukkies en skyfiereekse, interne kennisgewings van u besigheid of instansie, ens. nie. Ons dra ons aansoekers se belange na aan die hart, maar die administrasie van súlke items neem tyd, en bemoeilik die poshantering. Daar is wel twee tye wat ons uitsonderings maak, nl. Paasfees en Kersfees.

13. Gemorspos ("Spam")

ADSA se borge het ’n broertjie dood aan gemorspos ("spam"). Nie alleen oorlaai dit stelsels nie, maar vermors kosbare tyd en bronne. Praat nie eers van die ongure items wat soms die eposbusse probeer binnedring nie, waaronder virusse. Sedert 2004 het ADSA ’n beleid dat gemorspos aangemeld word by betrokke instansies vir die misbruik van Internetdienste. ADSA self stuur BESLIS en gewis NIE gemorspos uit nie, en het ook nie gedurig nuusbriewe, kennisgewingkies, ens., wat uitgestuur word nie. Die epos vanaf ADSA se kantoor is toepaslik en is gewoonlik ’n verwysing of navraag wat ontvang is in verband met u advertensie.

14. Kopiereg

ADSA sal nie advertensies plaas met kopiereg materiaal (teks en/of prente) vanaf ander webwerwe nie. Neem ook kennis dat alle materiaal op die ADSA webwerf onder kopiereg is en dat prente, illustrasies, foto's, teks  en ander materiaal nie sonder ons skriftelike toestemming gebruik mag word nie.

 Verontskuldiging

Die prente en foto's wat in die kolom langs die verskeie advertensies se teks geplaas word is onder kopiereg. Dit dien bloot ter illustrasie en is enkel en alleen deel van die webwerf-ontwerp se vertoon en versiering. Dit dui geensins aan dat persone of entiteite in die prente die advertensieteks, die produk, of diens, noodwendig goedkeur of onderskryf nie.

15. Vertalings

Die vertaling van teks is nie deel van die GRATIS diens nie. Persone wat sulke diens benodig moet vra om die hulp van ’n vertaler. Die diens is uitsluitlike deel van die Betaal Opsies.

16. Plasing namens kliënte

Vrywillige werkers by ADSA, sowel as ander personeel by ADSA, mag nie NAMENS kliënte aansoeke plaas nie. Aansoeke moet deur kliënte self ingevul en ingestuur word. Moet asseblief nie ons personeel versoek om dit namens u te doen nie. Aansoeke wat deur gewone eposse inkom word nie geplaas nie. Sien ook Voorwaardes

17. Oproepe

Vrywillige werkers by ADSA, sowel as ander personeel, MAG NIE nie telefoonoproepe maak of ontvang vanaf of na kliënte nie. Alle kommunikasie moet via die navrae- of aansoekvorms, en later met behulp van eposse geskied, sodat alle onderhandelings en kommunikasie op rekord is. Moet asseblief nie die personeel versoek om u telefonies te skakel nie.

18. Persoonlike inligting en Privaatheid

Vrywillige werkers by ADSA, sowel as ander personeel, MAG BESLIS NIE aan kliënte privaat inligting van ander personeel, die borge of ander kliënte verskaf nie. Privaatheid is baie belangrik en word as sulks behandel. Groot sorg word ook gedra dat alle privaat inligting beskerm is en geen sogenaamde uitruil van adresse of inligting vind plaas nie.

19. Sondae

Alle aansoeke, navrae en epos wat op ’n Sondag by ADSA se bediener ontvang word, word eers die volgende besigheidsdag en daarna hanteer. Dieselfde geld vir Christelike vakansiedae.

20. Spioenprogramme

Moet asseblief nie gebruik maak van eposprogramme wat berug is vir hulle spioenware nie. ADSA se diensverskaffer aanvaar nie eposse wat met sulke programme gestuur is nie en vernietig die eposse summier. Dit gaan hier ook oor die veiligheid van ons ander kliënte se inligting. Spioenware kan rekenaarstelsels lamlê, sensitiewe inligting bekom en misbruik. Geen eposse met sulke items word ontvang en hanteer by ons bediener nie.

21. Personeel

’n Versoek word gerig dat aansoekers en oud-kliënte ons personeel en hulpwerkers met die nodige bedagsaamheid en respek hanteer. Sonder hul vrywillige hulpdiens sal die voortbestaan van die Gratis Afdeling baie moeilik wees.

22. Navrae

Stuur ’n navraag as u nie die inligting vind waarna u soek nie. Dui duidelik en breedvoerig op die vorm aan wat dit is wat u wil weet en maak seker u eposadres, waarna toe geantwoord moet word, is korrek.

 

 

ADSA
Werfkaart
Inligting
Gratis Plasings
Voorwaardes
Aansoekvorm
Meer oor ADSA
Betaalopsies
Navrae

Dienste
Gebeure
Help
Media
Poste
Produkte
Skole
Vermaak

ADSA
Site Map
Information
Free
Conditions
Application Form
More About ADSA
Paid Options
Inquiries

Entertainment
Events
Help
Jobs
Media
Products
Schools
Services

 

Tuisblad / HomeAfrikaanse InfoGratis AdvertensiesVoorwaardesMeer oor ADSAAansoekvormBetaal OpsiesNavraeWerfkaart|Site MapEnglish InfoFree AdsConditionsApplicationPaid OptionsMore about ADSAInquiries

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
 

ADSA Werfkaart: Bybels vir Aflaai, engel / ADSA Werfkaart Download Bibles, angel

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2008
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads